Namibiese damme gesamentlik 84,5% vol

Namibiese damme is gesamentlik 84,5 persent vol teenoor verlede jaar se 87,7 persent die ooreenstemmende tydperk. Volgens die Namibiese dambulletin is die Swakoppoortdam 95,1 persent vol, teenoor verlede week se 98,2 persent, en die Von Bachdam is 51,8 persent vol, dieselfde as verlede week. Die Suide-damme is steeds oorlopens toe vol met die Nautedam 106,8 persent vol, die Neckartaldam 100 persent vol en die Hardapdam is 72,6 persent vol.