Kaapstad wil hawe privatiseer

Stad Kaapstad het volgens berigte reeds ‘n plan geformuleer om die stad se hawe te privatiseer. Die stad wil met die minister van openbare ondernemings Pravin Gordhan in die verband vergader. James Vos, die LUR vir ekonomiese groei sê vragvolumes neem toe en opgradering is broodnodig by die hawe.