Amerikaners bevind Israeliese magte het Shireend doodgeskiet, maar per abuis

Israeliese magte het waarskynlik, maar onbedoeld, die skoot afgevuur wat die ervare Al Jazeera-joernalis, Shireen Abu Akleh, se dood veroorsaak het. Dit is die mening van Amerikaanse ondersoekers. Die land se Departement van Buitelandse Sake sê hulle kon nie sonder twyfel vasstel of die koeël uit ‘n Israeliese of Palestynse geweer afgevuur is nie omdat dit erg beskadig is.  Die 51-jarige joernalis is in Mei op die Wesoewer van die stad Jenin in die kop geskiet. Israel se weermag sê sy eie ondersoek het afdoende getuienis dat nie een van sy soldate doelbewus op Abu Akleh geskiet het nie.