Shiimi maak Masisi se aanmerkings as bog af

Die minister van finansies, Iipumbu Shiimi, het bespiegelings dat hy uitgewys is as Namibië se volgende visepresident, as bog afgemaak. Dit is nadat ’n video op sosiale media verskyn het waarin Botswana se President Mokgweetsi Masisi aan die Suid-Afrikaanse staatshoof Cyril Ramaphosa sê dat Shiimi die inkomende Namibiese visepresident is. Shiimi, by monde van die ministerie van finansies se woordvoerder, Wilson Shikoto, ontken dit egter. Shiimi, wat nie in Swapo se geledere verskyn nie, het die parlement in Maart 2020 as ‘n presidensiële aanstelling betree.