Kaapstad het geen grassny-beleid om lenteblomme te laat blom

Terwyl die winter se einde naderkom, het die warmer weer ‘n gunstige klimaat geskep vir lenteblomme om in die Stad Kaapstad se oop ruimtes te begin blom. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Zahid Badroodien, sê om bewaringspogings te bevorder, het die stad ‘n “geen grassny-beleid” ingestel by aangewese terreine. Dit geld vir die groeiseisoen wat gewoonlik van Augustus tot einde November duur. Badroodien sê die stad gee inwoners ‘n geleentheid om saam te praat oor die groot grassny-debat.