Action SA vir vir ondersoek na Blade Nzimande

Action SA vra President Cyril Ramaphosa dat die Spesiale Ondersoekeenheid ondersoek instel na die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande. Dit hou verband met voortslepende bewerings van korrupsie en tenderbedrog wat verband hou met die verkryging van skootrekenaars vir studente wat deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente befonds word. Action SA se woordvoerder, Sabelo Chalafu, sê die party doen ‘n beroep dat Nzimande geskors en die bewerings ondersoek word.