Kaapstad berei voor vir winter-reën

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê met die winter om die draai moet inwoners hul kant bring om die stormwaterinfrastruktuur te beskerm, en ook bewus wees van die gevare van geboue onder die wintervloedlyne. Die burgemeester sê in die winter oorstroom verskeie gebiede en paaie, veral in laagliggende gebiede, en waar stormwater-afvoerpype en infrastruktuur verstop is. Hill-Lewis sê 38 hoë-risiko-gebiede, hoofsaaklik informeel, is vir die stad se voorkomende optrede vir die winter geïdentifiseer: