Geingob sê kwaliteit onderwys is belangrik vir ontwikkeling

Namibiese President Hage Geingob het tydens die Namibiese Nasionale Studente-organisasie se 17de Nasionale Kongres in die hoofstad gesê Nanso het nie afstand gedoen van sy historiese posisie om sosiale ongelykhede te beveg nie. Die President sê sonder gelyke toegang tot kwaliteit onderwys, kan daar geen gelyke toegang tot geleenthede en voorspoed wees nie. Hy hoop tydens die kongres sal die Namibiese onderwysstelsel  bespreek word en die organisasie sal verbind bly tot die ondersoek en bevordering van idees en beleide wat beide innoverend en volhoubaar is. Sy aanmerkings kom te midde van groot uitdagings by talle regeringskole. ‘n Totaal van 642 het geen elektrisiteit nie terwyl 200 geen water het nie en 246 geen sanitasie het nie. Daar is net meer 1 600 regeringskole in die land.