Daar’s geld, maar mynbestuur is gulsig – vakbond

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê hy is ontsteld oor die standpunt wat die bestuur van Sibanye-Stillwater inneem teen die opregte eise van werkers. Meer as 24 000 werkers staak reeds vir drie maande en eis ‘n loonverhoging van een-duisend-rand. Die myn-maatskappy wyk egter nie af van sy aanbod van 850 Suid-Afrikaanse rand nie. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê Sibanye-Stillwater is ekonomies lewensvatbaar en kan voldoen aan die werkers se eise: