Julie was tweede warmste maand in Europa

Wetenskaplikes in Europa het bevind Julie was die tweede warmste maand op die vasteland sedert met rekordhouding begin is, en het gelei tot ‘n reuse toename in veldbrande in Spanje en Frankryk. Die twee lande het verlede maand sowat 200 brande per week gehad teenoor die gemiddeld van 38 en 81 onderskeidelik sedert 2010. Sky News berig Julie was ook die derde warmste maand op enige plek in die wêreld. Die Europese Unie se Copernicus-klimaatsveranderingsdiens sê reënval was ook heelwat meer as die gemiddeld in die westelike deel van Sentraal-Europa.