Namibiese perspektief oor bank se versoek vir voorstelle

Die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika het die private sektor en energie-ontwikkelaars genooi om voorstelle in te dien vir Suid-Afrika se beleggingsprogram vir ingebedde kragopwekking. ‘n Hoof van projekfinansiering, Mpho Mokwele, sê 28 miljard Suid-Afrikaanse rand is opsy gesit vir projekte vir hernubare son- en windkrag. Die oproep volg op die onlangse aankondiging dat lisensies nie meer nodig sal wees vir projekte vir ingebedde energieopwekking tot ‘n maksimum van 100 megawatt nie. Abraham Hangula, die adjunk-direkteur vir energiebeplanning en navorsing by die Namibiese ministerie van myne en energie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.