Jou troeteldier en ‘n bloedbank

‘n Namibiese veearts het die stand van ‘n diere-bloedbank in Namibië gegee ná berigte dat die diere-bloedbank by Onderstepoort in Pretoria se voorraad min raak. Die bank hou bloed aan vir oortappings by die hospitaal of verkoop dit aan veearts-praktyke in die streek en omgewing. Bloed word slegs getrek by diere wat self nog nie voorheen ʼn bloedoortapping van enige aard gehad het nie. Skenkerhonde is gewoonlik jonger as agt jaar. Dr. Theuns Laubscher, ‘n veearts van die Windhoek Veeartsenykliniek het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.