Plansoldate is verkeerd – daar was geen fonds nie, meen Angula

Die voormalige eerste minister, Nahas Angula het gereageer op eise van ‘n groep oud-Planvegters, wat meen hulle het genoeg gehad en hulle eis antwoorde. Die groep sal op 14 Junie ‘n vreedsame betoging na Windhoek aanpak en ‘n petisie aan die Verenigde Nasies se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge in Namibië oorhandig. Die groep eis antwoorde oor wat gebeur het met die meer as 21 miljoen Amerikaanse wat deur die VN vir rehabilitasie- en hervestigingsdoeleindes gegee is. Angula sê daar was geen so fonds wat beskikbaar was nie.