Jennifer Hudson maak geskiedenis met toekennings

Die sanger en akteur Jennifer Hudson is ná Whoopi Goldberg die tweede swart vrou in die geskiedenis om EGOT-status te verwerf. EGOT verwys na individue wat ‘n Emmy-, ‘n Grammy-, ‘n Oscar en ‘n Tony-toekenning gewen het. Hudson het ‘n Tony-toekenning ontvang vir die vervaardiging van A Strange Loop. Die toekenning-seremonie was gisteraand by Radio City Hall in New York. A Strange Loop is ook aangewys as beste musiekblyspel terwyl Lehman Trilogy die prys vir beste toneelstuk en Company die prys vir beste heropvoering van ‘n musiekblyspel gewen het.