Joslin Smith presies twee maande soek

Die ses-jarige Joslin Smith van Saldanhabaai het presies twee maande gelede verdwyn, en is nog steeds nie gevind nie. Sy was in die sorg van haar ma se kêrel, Jacquin Appollis, toe sy verdwyn het. Haar ma, Racquel Chantel ‘Kelly’ Smith, Appollis, asook Steveno van Rhyn en Lorentia Lombaard, het in die Landdroshof in Vredenburg verskyn op aanklagte van menseroof en mensehandel. Die minister van Polisie, Bheki Cele, het intussen bekend gemaak Interpol werk saam om Joslin op te spoor. Owerhede hoop om Joslin te vind of om die waarheid rondom haar verdwyning te ontbloot.