Windhoekers, kom skenk bloed!

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië bied môre tussen 8-uur en 2-uur ‘n bloedskenkkliniek by die Channel Life-bloedskenksentrum aan. Die sentrum is in Windhoek se Post Street Mall tussen Town Square en Wernhil. Alle kwalifiserende en gesonde skenkers word versoek om bloed te skenk om te help verseker dat lewens gered word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Titus Shivute, die diens se woordvoerder, oor die bloed-beskikbaarheid-situasie op die oomblik.