Jongste oor Rushdie se beserings na mes-aanval

Salman Rushdie het sig in een oog verloor sowel as die gebruik van een hand ná ‘n mes-aanval op 12 Augustus vanjaar in New York. Die 75-jarige skrywer, wat in die 1980’s doodsdreigemente van Iran ontvang het nadat sy roman The Satanic Verses gepubliseer is, is in die nek en bolyf gesteek. Sy agent, Andrew Wylie, wou nie sê of hy nog in die hospitaal is nie maar sê Rushdie het drie ernstige wonde in sy nek gehad met 15 in sy bors en bolyf. Senuwee is in sy hand beskadig. Die verdagte in die aanval Hadi Matar se poging tot moord verhoor sal volgens berigte binnekort begin.