Rusland verskerp anti-gay wetgewing

Rusland se wetgewers het die tweede van drie lesings oor ‘n reeks aanpassings aan die land se omstrede wet oor gay-propaganda goedgekeur. Wetgewing wat in 2013 ingestel is om die bevordering van sogenaamde gay-propaganda aan minderjariges te verbied, is nou uitgebrei na alle ouderdomsgroepe. Daar word berig dit beteken alle films, letterkunde, joernalistiek, advertensies en enigiets anders wat die idee van nie-tradisionele seksuele verhoudings of geslagsverandering aktief bevorder, sal aan swaar boetes onderhewig wees. Buitelandse burgers wat hierdie wet oortree, kan uit Rusland verban word.