Nampol in die Noorde berei voor vir feesseisoen

Die Namibiese polisie in die Noorde berei voor vir ‘n besige feesseisoen met duisende inwoners van Windhoek en elders wat tradisioneel huis toe gaan vir die vakansie. Die streeksbevelvoerder van Omusati, kommissaris Ismael Basson sê hulle voorbereidings is in plek en wet en orde sal gehandhaaf word.