
VSA loods lugaanvalle op grens van Irak, Sirië - June 28, 2021
Vyf vegters in Iran-gesteunde burgermaggroepe is dood en talle beseer tydens die VSA se lugaanvalle teen operasionele en wapen-bergingsgeriewe op die grens tussen Irak en Sirië. Volgens berigte van die Siriese staatsnuusagentskap het ‘n kind gesterf en minstens drie ander is gewond. Die Pentagon het ‘n verklaring uitgereik dat die aanvalle in reaksie op hommeltuig-aanvalle […]
SA staatskapingskommissie met drie maande verleng - June 28, 2021
Die staatskapingskommissie in Suid-Afrika het nog drie maande gekry om sy werk af te handel. Die hooggeregshof in Pretoria het die uitstel goedgekeur en gesê die Zondo-kommissie se werk is in die openbare belang. Die ondersoek moes sy werk teen Woensdag voltooi het, maar voorsitter Raymond Zondo het uitstel gevra en gesê die kommissie kan […]
Verhongerde woestynleeus in Hoanibrivier gemonitor - June 28, 2021
‘n Groep woestynaangepaste leeus in die Hoanibrivier kry tans baie swaar, sê Izak Smit van die Desert Lions Human Relations Aid. Hy sê beamptes van die omgewingsministerie is tans besig om ondersoek in te stel. Die leeus vrek weens hongersnood, want prooi is skaars op die oomblik. Smit sê die leeus kan waarskynlik tydelik verskuif […]
Toerismesektor verwag nie groot veranderinge ná 30 Junie - June 28, 2021
Met die Covid-19-regulasies wat op 30 Junie tot ‘n einde kom, verwag die land ‘n toespraak van President Hage Geingob of die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, oor die pad vorentoe wat Covid-regulasies betref. Kosmos 94.1 Nuus het met Nrupesh Soni, stigter van die Namibiese Toerismeforum, gesels oor wat hulle verwag. En..Soni oor hoe die bedryf […]
Katutura-staatshospitaal se buitepasiënte-departement toe - June 28, 2021
En die Namibiese gesondheidsministerie het pas aangekondig dat geen buite pasiënte meer by die Katutura-staatshospitaal behandel sal word nie. Die buitepasiënt-departement sal nou vir pasiënte gebruik word wat vir bedbeskikbaarheid weens die Covid-pandemie wag.
Lady Pohamba se inentingsentrum weens geen entstowwe gesluit - June 28, 2021
Die Lady Pohamba Privaathospitaal in Windhoek het pas aangekondig dat die Namibiese gesondheidsministerie se Covid-entstowwe opgeraak het. Die privaathospitaal se inentingsentrum is dus tot verdere kennisgewing gesluit.
Nambiese Presidentsvrou môre by Windhoek Sentraal ingeënt - June 28, 2021
Hilma Petrus, die woordvoerder van die Namibiese Presidentsvrou, het bevestig Monica Geingos gaan môreoggend om tienuur haar eerste intenting by die Windhoek Sentrale Hospitaal se kapel kry. Petrus het aan Kosmos 94.1 Nuus dit is deel van Geingos se aanlyngesprekke oor bewusmaking van die Covid-pandemie.
NCCI help steeds met gratis suurstof - June 28, 2021
Die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid het hul versekering gegee dat die kragonderbreking by die Windhoek Sentrale Hospitaal nie veroorsaak is deur die installering van suurstoftenke deur die private sektor by die Katutura Staatshospitaal nie. Die kamer sal steeds gratis suurstof in samewerking met die Namibiese gesondheidsministerie voorsien.
Namibiese Presidentsvrou kry môre haar Covid-inenting - June 28, 2021
Die Namibiese Presidentsvrou, Monica Geingos, gaan môreoggend om tienuur haar eerste intenting by die Windhoek Sentrale Hospitaal se kapel kry, het haar woordvoerder, Hilma Petrus bevestig. ‘n Verpleegster en ‘n hoëvlak verteenwoordiger van die gesondheidsministerie sal ook vrae aan media beantwoord.
Meer as 20 000 aktiewe Covid-gevalle in Namibië - June 28, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 1 944 nuwe Covid-gevalle aangekondig. In die groep is 317 leerders, 91 onderwysers, 55 studente en 44 gesondheidswerkers. Daar is tans 20 293 aktiewe gevalle, waarvan 555 pasiënte in hospital is en 81 in intensiewesorgeenhede. Altesaam 45 sterfgevalle is in agt distrikte aangemeld.