Trauma is groot kommernis tydens derde vlaag - June 28, 2021

Die Covid-19-pandemie veroorsaak volgens kundiges op die oomblik baie hartseer en sielkundige probleme met geliefdes en kennisse wat of siek of oorlede is. Die probleem het die afgelope tyd toegeneem met die skerp toename in positiewe gevalle en sterftes in die land. Dr Hilda Losch ‘n kliniese sielkundige in die hoofstad het haar siening in […]

Read More

Stel ambagspersone aan, maan LPM - June 28, 2021

Die LPM-party het gereageer op die kragonderbreking wat gisternag by die Sentraalhospitaal voorgekom het. Die party sê dit bewys weereens dat die staat die gegradueerde ambagspersone in die land moet aanstel. Talle gekwalifiseerde elektrisiëns, loodgieters en meer is werkloos terwyl die regering onbevoegde mense benut vir noodsaaklike werk. Eneas Emvula, die party-woordvoerder het dit so […]

Read More

Napwu lidmaatskap daal skerp na NBC-staking - June 28, 2021

Namibiese vakbonde verkeer onder druk met werksverliese en ekonomiese uitdagings wat veroorsaak dat lidmaatskap nie betaal word nie of, dat lede eenvoudig die vakbond verlaat. Die openbare werkers vakbond Napwu het dieselfde uitdagings maar dit is volgens berigte vererger deur die verlies van 109 lede by die NBC na die mislukte staking wat onlangs vir […]

Read More

Staatsbeheerde entiteite moet geloofwaardig wees meen Cyril - June 28, 2021

President Cyril Ramaphosa sê die buurland het gesonde staatsondernemings nodig wat die dryfveer vir ekonomiese groei en transformasie is. Hy sê daar bestaan reeds jare ‘n persepsie by Suid-Afrikaners wat staatsondernemings met staatskaping, finansiële wanbestuur en ondoeltreffendheid verbind. Ramaphosa sê dit is waarom die regering hervorming in plek gestel het om staatsondernemings te versterk. Hy […]

Read More

Lukas Hipondoka sterf aan Covid - June 28, 2021

Die legendariese Lukas Hipondoka is vanoggend oorlede as gevolg van Covid-19. Hipondoka het diep spore in Namibiese motorsport getrap en was baie suksesvol in veral die tagtiger jare. Richard Slammet, die voorsitter van die Windhoek Motorklub het hulde aan Hipondoka gebring.

Read More

Plaasvaanval bewys belangrikheid van wapenbesit - June 28, 2021

Die DA in die buurland sê die aanval op ‘n boer in die Oos-Kaap beklemtoon die belangrikheid dat boere vuurwapens moet besit vir selfverdediging. Die DA-parlementslid, Dianne Kohler Barnard, sê die 34-jarige Darryl Richter het tydens die aanval sy gesin beskerm, maar met sy eie lewe geboet. Ten minste drie aanvallers het hom met messe […]

Read More

McHenry toon medelye aan Rukoro, Ngavirue - June 28, 2021

Die president van die PDM-party McHenry Venaani sal vandag die medelye boeke van beide die ontslape opperhoof van die Ovaherero Vekuii Rukoro en die Namibiese regering se spesiale gesant vir die volksmoord onderhandelings dr. Zed Ngavirue onderteken. Sy woordvoerder Roberto Dirkse het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Wits-studente onder erge druk - June 28, 2021

Die Wits-universiteit se studenteraad het versoek dat ‘n vensterperiode van 24-uur tussen alle eksamens ingestel moet word. Dit volg na twee studente op die kampus selfmoord gepleeg het. Die SR sê geestesgesondheid en druk wat studente aan die universiteit ondervind, is bydraende faktore tot die voorkoms van selfmoord onder studente. Die raad het ‘n beroep […]

Read More

Internasionale reisagente eis inentings - June 28, 2021

Plaaslike media berig dat internasionale reisagente eis dat personeel by diensverskaffers in die toerisme sektor ingeënt moet wees voor hulle ‘n bespreking vir hulle kliënte maak. Die sektor doen sedert April vanjaar ‘n beroep op almal in die bedryf om so vinnig as moontlik in te ent. Volgens Gitta Paetzold van die Namibiese Gasvryheidsvereniging is […]

Read More

Bestaansvissermanne bygestaan om oseaan te bewaar - June 28, 2021

Bestaansvissermanne in beide Namibië en Suid-Afrika maak staat op marienebronne om kos op die tafel te sit. In die Wes-Kaap, is die volhoubare vissery organisasie sonder winsbejag, Abalobi, besig om die vissermanne te help om die oseane te bewaar. ‘n Woordvoerder, Stuart du Plessis, sê wat as ‘n universiteitnavorsingsprojek in 2015 begin het, is nou […]

Read More