Aspen se Johnson & Johnson gereed vir verspreiding in SA - July 26, 2021

Die eerste voorraad van Johnson en Johnson se Covid-19-entstowwe wat by Aspen Pharmacare in Gqeberha in die Oos-Kaap vervaardig is, is vandag gereed om versprei te word. Volgens Aspen sal die entstof regoor Suid-Afrika versprei word ooreenstemmig verspreidingsreëlings tussen Johnson en Johnson, die departement van gesondheid en ander belanghebbers. Voorrade sal ook beskikbaar gestel word […]

Read More

Shangula is tevrede met nakoming - July 26, 2021

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, is tevrede met die positiewe houding van Namibiërs teenoor Covid-19-regulasies. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat daar min mense is wat nog buite die regulasies vir openbare gesondheid optree, maar die meerderheid van die mense hou daarby. Die minister sê verder die reaksie op inenting het ook […]

Read More

Voedselpryse: daar is wel hoop - July 26, 2021

‘n Ondersoek deur die internasionale ekonomiese nuusagentskap Bloomberg toon dat landbou-kommoditeite tans 57 persent duurder is as ‘n jaar gelede. Verbruikers is reeds ‘n geruime tyd onder druk as gevolg van stygende voedselkostes maar, volgens John Purchase, die hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Kamer van Landbou, is die piek reeds bereik. Hy verduidelik aan […]

Read More

Hasbro, of dalk Monopoly, doen goed - July 26, 2021

Die Amerikaanse vervaardiger van speletjies, Hasbro Incorporated, wat ook Monopoly vervaardig, het in die tweede kwartaal van die jaar 1,32 miljard Amerikaanse dollar verdien, ver bo die verwagtinge van analiste. Kenners is dit eens dat terwyl die maatskappy se nuwe rolprent en televisie-vervaardigings afdeling deur die inperkings verlede jaar lamgelê is, het speletjies baie goed […]

Read More

Polisie jaag Bloem CRC-gemeente uiteen - July 26, 2021

Die Vrystaatse polisie het ‘n kerkdiens in Bloemfontein stopgesit. Gemeentelede by die Christian Revival Church is beveel om uiteen te gaan nadat bevind is hulle oortree die inperkingsregulasies. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê beamptes het by die perseel opgedaag nadat ‘n lid van die gemeenskap gekla het. Makhele sê die gemeentelede het beweer hulle […]

Read More

Covid: DBN skenk weer - July 26, 2021

Die Namibiese Ontwikkelingsbank het ‘n skenking van 88 000 Namibiese dollar oorhandig aan die Robert Mugabe-kliniek vir die behandeling van Covid-pasiënte. Dit bring die bank se totale bydra op 1,4 miljoen dollar te staan. Die bank se hoof uitvoerende beampte Martin Inkumbi het meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus bekend gemaak.

Read More

China se ‘nuwe’ kernplan wek kommer - July 26, 2021

Chinese regeringswetenskaplikes het planne bekendgemaak vir ‘n eerste eksperimentele kernreaktor wat nie water nodig het om af te koel nie. Daar word verwag dat die kernreaktor vir gesmelte sout, wat op vloeibare torium eerder as uraan loop, veiliger sal wees as tradisionele reaktore, omdat die gesmelte sout vinnig afkoel en vinnig stol wanneer dit aan […]

Read More

Whk-skou: ons wag en kyk nog sê Schmidt - July 26, 2021

Dit is nog nie bekend of die Windhoek-skou aan die einde van September sal plaasvind of nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die vise-president van die Windhoek Skouvereniging Harold Schmidt gepraat.

Read More

Kauta se pistool: Katjavivi dra geen kennis nie - July 26, 2021

Die Speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi het bevestig dat hy geen kennis dra oor die sogenaamde pistool wat aangedui is Patrick Kauta se sak by die Nasionale Raad, maar toe nie in die sak was nie. Kauta het in ‘n skrywe Katjavivi tot vandag gegee om ‘n antwoord te verskaf oor die […]

Read More

Alles is gereed vir skole om oop te maak - July 26, 2021

Die Namibiese onderwysministerie sê alles is gereed om skole volgende week Woensdag te heropen vir fisiese klasbywoning. Die ministerie se uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp sê kommunikasie in die verband sal ook uitgestuur word aan skole regoor die land. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus oor die jongste gepraat.

Read More