
UNAM Cares-inentingskliniek tot 6 Augustus oop - July 26, 2021
Die UNAM Cares-inentingskliniek sal nou daagliks oop wees om die Namibiese gesondheidsministerie te ondersteun in sy stryd teen die Covid-pandemie. Hierdie is ‘n gemeenskapsinisiatief van die kantoor van die vise-kanselier. Die inentingskliniek sal vir tien dae vanaf vandag tot Vrydag 6 Augustus vanaf nege-uur soggens tot vier-uur smiddae by die universiteit se ontspanningsentrum op die […]
Suid-Afrikaanse Raad van Kerke gekant teen opening van kerke - July 26, 2021
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke waarsku teen die heropening van kerke te midde van die derde Covid-19-vlaag. Die organisasie se susterkerke in Tshwane is steeds gekant teen sommige kerkleiers se oproep dat die regering plekke van aanbidding oopstel. ‘n Woordvoerder van die raad, Joseph Chabangu, sê hy distansieer hom van enige pleidooi ten gunste van […]
Aspen se Johnson & Johnson gereed vir verspreiding in SA - July 26, 2021
Die eerste voorraad van Johnson en Johnson se Covid-19-entstowwe wat by Aspen Pharmacare in Gqeberha in die Oos-Kaap vervaardig is, is vandag gereed om versprei te word. Volgens Aspen sal die entstof regoor Suid-Afrika versprei word ooreenstemmig verspreidingsreëlings tussen Johnson en Johnson, die departement van gesondheid en ander belanghebbers. Voorrade sal ook beskikbaar gestel word […]
Shangula is tevrede met nakoming - July 26, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, is tevrede met die positiewe houding van Namibiërs teenoor Covid-19-regulasies. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat daar min mense is wat nog buite die regulasies vir openbare gesondheid optree, maar die meerderheid van die mense hou daarby. Die minister sê verder die reaksie op inenting het ook […]
Voedselpryse: daar is wel hoop - July 26, 2021
‘n Ondersoek deur die internasionale ekonomiese nuusagentskap Bloomberg toon dat landbou-kommoditeite tans 57 persent duurder is as ‘n jaar gelede. Verbruikers is reeds ‘n geruime tyd onder druk as gevolg van stygende voedselkostes maar, volgens John Purchase, die hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Kamer van Landbou, is die piek reeds bereik. Hy verduidelik aan […]
Hasbro, of dalk Monopoly, doen goed - July 26, 2021
Die Amerikaanse vervaardiger van speletjies, Hasbro Incorporated, wat ook Monopoly vervaardig, het in die tweede kwartaal van die jaar 1,32 miljard Amerikaanse dollar verdien, ver bo die verwagtinge van analiste. Kenners is dit eens dat terwyl die maatskappy se nuwe rolprent en televisie-vervaardigings afdeling deur die inperkings verlede jaar lamgelê is, het speletjies baie goed […]
Polisie jaag Bloem CRC-gemeente uiteen - July 26, 2021
Die Vrystaatse polisie het ‘n kerkdiens in Bloemfontein stopgesit. Gemeentelede by die Christian Revival Church is beveel om uiteen te gaan nadat bevind is hulle oortree die inperkingsregulasies. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê beamptes het by die perseel opgedaag nadat ‘n lid van die gemeenskap gekla het. Makhele sê die gemeentelede het beweer hulle […]
Covid: DBN skenk weer - July 26, 2021
Die Namibiese Ontwikkelingsbank het ‘n skenking van 88 000 Namibiese dollar oorhandig aan die Robert Mugabe-kliniek vir die behandeling van Covid-pasiënte. Dit bring die bank se totale bydra op 1,4 miljoen dollar te staan. Die bank se hoof uitvoerende beampte Martin Inkumbi het meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus bekend gemaak.
China se ‘nuwe’ kernplan wek kommer - July 26, 2021
Chinese regeringswetenskaplikes het planne bekendgemaak vir ‘n eerste eksperimentele kernreaktor wat nie water nodig het om af te koel nie. Daar word verwag dat die kernreaktor vir gesmelte sout, wat op vloeibare torium eerder as uraan loop, veiliger sal wees as tradisionele reaktore, omdat die gesmelte sout vinnig afkoel en vinnig stol wanneer dit aan […]
Whk-skou: ons wag en kyk nog sê Schmidt - July 26, 2021
Dit is nog nie bekend of die Windhoek-skou aan die einde van September sal plaasvind of nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die vise-president van die Windhoek Skouvereniging Harold Schmidt gepraat.