Onluste kos suikerbedryf miljoene - July 19, 2021

Die suikerbedryf in Suid-Afrika kan minstens 234 miljoen Namibiese dollar verloor met nagenoeg 290 000-ton suikerriet in KwaZulu-Natal wat nog verwerk moet word. Die Amatikulu Suikermeule in Gingindlovu is tans gesluit weens dreigemente van geweld. Die Suid-Afrikaanse Suikerriet-vereniging het bevestig die meule is steeds onder streng bewaking deur wetstoepassers en die boeregemeenskap. Die hoofbestuurder, Thomas […]

Read More

Katima-olifante: gelukkig nog niemand beseer nie - July 19, 2021

Daar is berig oor olifante in die omgewing van Katima Mulilo wat ook in woongebiede opgemerk is. Die goewerneur van die Zambezi-streek, Lawrence Sampofu het die voorval aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig en gesê die goeie ding is dat niemand beseer is nie.

Read More

Craven is uit, De Lange vat sy plek - July 19, 2021

Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee is hartseer om aan te kondig dat ons Olimpiese Padfietsryer Dan Craven nie aan die Olimpiese Spele in Tokio gaan deelneem nie weens ‘n positiewe Covid-19-toetsuitslag voor sy vertrek na Japan. Hierdie Spele sou Dan se 3de Olimpiese Spele gewees het. Joan Smith, hoofsekretaris van NNOC oor Craven se onttrekking. […]

Read More

Zuma het reg om verhoor by te woon - July 19, 2021

Oudpresident Jacob Zuma se regspan betoog hy het die reg op ‘n openbare verhoor. Advokaat Dali Mpofu het aan die Hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê Zuma het die reg om teenwoordig te wees. Die hof hoor tans sy aansoek om uitstel aan vir ‘n spesiale pleitverhoor. Zuma se regspan aanvaar nie dat sy deelname deur middel […]

Read More

Ent hier in Khomas - July 19, 2021

Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat beide Rhinopark en Lady Pohamba in die hoofstad wel Sinopharm-inentings ontvang het. Daar was vroeër berigte dat die inentings nog nie versprei is nie. Die ministerie van gesondheid sê inentings in die Khomas-streek word by die twee privaathospitale, Lady Pohamba en Rhinopark uitgevoer sowel as by die Hossianakerk se […]

Read More

Walvis-brand geblus, ondersoek reeds geloods - July 19, 2021

Meer inligting is bekend oor die brand vanoggend by die Magic Discounters-kompleks in Walvisbaai. Die brand is nou geblus en die ondersoek na die oorsaak het reeds begin. Die adjunk-hoof van die dorp se brandweerdiens, Tutaleni Katindi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

Reaksie op Toyota se kommer oor sy SA-bedrywighede - July 19, 2021

Toyota Internasionaal het op sy sosiale media-platforms gesê hy is uiters bekommerd oor die plundery en geweld in KwaZulu-Natal. Die maatskappy het gesê dit is nie duidelik of hy voort kan gaan met sy bedrywighede in die provinsie, of die land nie. Dr Norman Lamprecht die uitvoerende bestuurder van uitvoere en navorsing by die Suid-Afrikaanse […]

Read More

42 families ontvang vanoggend wonings in Whk - July 19, 2021

Stad Windhoek is tans besig om 42 lae-inkomste huise aan begunstigdes in Okuryangava te oorhandig. Die geleentheid vorm deel van ‘n groter projek van meer as 600 bekostigbare huise. Harold Akwenye van Stad Windhoek sê dit is ‘n groot verligting vir die families wat reeds ‘n geruime tyd wag…

Read More

Biden inentingsteikens nie ons skuld nie – Facebook - July 19, 2021

Facebook sê hy kan nie die blaam vat vir die feit dat President Joe Biden nie sy inentingsteikens bereik het nie. Biden het vroeër die maatskappy daarvan beskuldig dat hy nie genoeg doen om fopnuus in verband met die Covid-inentings te beheer nie. Biden wou 70 persent van alle landsburgers teen 4 Julie ingeënt het. […]

Read More

Bezos maak gereed vir môre - July 19, 2021

Die eienaar van Amazon Jeff Bezos het Sondag saam met sy mede-passasiers opleiding ontvang ter voorbereiding van sy vlug môre na die rand van ruimte. Luidens die jongste berigte is die weervoorspelling ook gunstig vir die eerste vaart van Blue Origin se New Shepard. Virgin Galactic se Richard Branson het reeds sy vlug op 11 […]

Read More