Biden inentingsteikens nie ons skuld nie – Facebook - July 19, 2021

Facebook sê hy kan nie die blaam vat vir die feit dat President Joe Biden nie sy inentingsteikens bereik het nie. Biden het vroeër die maatskappy daarvan beskuldig dat hy nie genoeg doen om fopnuus in verband met die Covid-inentings te beheer nie. Biden wou 70 persent van alle landsburgers teen 4 Julie ingeënt het. […]

Read More

Bezos maak gereed vir môre - July 19, 2021

Die eienaar van Amazon Jeff Bezos het Sondag saam met sy mede-passasiers opleiding ontvang ter voorbereiding van sy vlug môre na die rand van ruimte. Luidens die jongste berigte is die weervoorspelling ook gunstig vir die eerste vaart van Blue Origin se New Shepard. Virgin Galactic se Richard Branson het reeds sy vlug op 11 […]

Read More

Walvis-brand onder beheer - July 19, 2021

Die brand by Walvisbaai se Magic Discounters-kompleks is volgens berigte onder beheer. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Willem Prinsloo, ‘n voormalige brandbestryder, is op die toneel en het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Proteas sal moet sokkies optrek vir T20-wêreldbeker - July 19, 2021

Die Proteas se assistent-afrigter Enoch Nkwe sê die span moet baie verbeter vir die T20-wêreldbeker later vanjaar in die Verenigde Arabiese Emirate. Na die Een-dag Internasionale reeks in Ierland, skuif die aandag nou na die drie T20-internasionale wedstryde. Die eerste wedstryd word vanaand in Dublin gespeel. Nkwe sê hulle neem die T20-reeks teen Ierland ernstig […]

Read More

Harambee word bo Visie 2030 verkies - July 19, 2021

Die Namibiese afhanklikheid van Suid-Afrika vir veral lewensmiddele sal volgens berigte gevoel word met die krisisse wat die buurland steeds in die gesig staar. Die voormalige Swapo-LP, Pendukeni Ivula-Ithana, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat visie 2030 geskep is om Namibië te help om sy afhanklikheid van Suid-Afrika te verminder, maar dit lyk of […]

Read More

Nabta sê die maatreëls knyp - July 19, 2021

Die Namibiese Bus en Taxivereniging Nabta, sê die jongste maatreëls is baie uitdagend vir sy lede. Openbare vervoer operateurs mag nie sonder die nodige permitte tussen streke beweeg nie en mag ook net 50 persent van die toelaatbare passasiers vervoer. Nabta se waarnemende president Jeffrey Platt sê die verlenging van die maatreëls tot einde Julie […]

Read More

Jagluiperd kry spesiale tuiste - July 19, 2021

Die Hoedspruit Sentrum vir Bedreigde Spesies in Limpopo sê elke jagluiperd moet gered word omdat die kwesbare spesie se getalle besig is om toenemend te daal. Dit volg nadat die Trust vir Bedreigde Spesies die sentrum gevra het om ‘n jagluiperd tydelik te huisves totdat dit in die trust se meta-bevolkingsprojek vir jagluiperds opgeneem kan […]

Read More

Sasria: kyk eers of jy dekking het - July 19, 2021

Die Suid-Afrikaanse spesiale risiko versekeringsvereniging, Sasria, sê hy verwag ‘n hoë aantal eise nadat skade aan talle besighede in KwaZulu-Natal verlede week tydens die onluste gerig is. Maar, Sasria sê nie alle besighede het dekking nie en poliseienaars moet eers seker maak dat hulle wel dekking het, soos Jean-Paul Rudd van Sasria verduidelik.

Read More

Entstowwe reeds versprei - July 19, 2021

Namibië het die langverwagte Covid-19 entstowwe ontvang wat deur die gesondheidsministerie bestel is. Dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid, het gesê dat die Sinopharm-entstof op die oomblik beskikbaar is vir gebruik. Die entstof is onder die streke versprei en moet vanaf vandag gereed wees vir gebruik. Die minister het ook gesê dat die AstraZeneca entstof […]

Read More

Meester van die hoërhof onder druk - July 19, 2021

Die Namibiese minister van justisie Yvonne Dausab sê haar ministerie werk onverpoosd om die prosesse by die meester van die hoërhof meer vaartbelyn te maak. Die personeel is op die oomblik oorweldig met aansoek en navrae as gevolg van die Covid-sterftes. Dausab sê hulle oorweeg om die sterftes te skei van al die ander sterftes […]

Read More