
Craven is uit, De Lange vat sy plek - July 19, 2021
Die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee is hartseer om aan te kondig dat ons Olimpiese Padfietsryer Dan Craven nie aan die Olimpiese Spele in Tokio gaan deelneem nie weens ‘n positiewe Covid-19-toetsuitslag voor sy vertrek na Japan. Hierdie Spele sou Dan se 3de Olimpiese Spele gewees het. Joan Smith, hoofsekretaris van NNOC oor Craven se onttrekking. […]
Zuma het reg om verhoor by te woon - July 19, 2021
Oudpresident Jacob Zuma se regspan betoog hy het die reg op ‘n openbare verhoor. Advokaat Dali Mpofu het aan die Hooggeregshof in Pietermaritzburg gesê Zuma het die reg om teenwoordig te wees. Die hof hoor tans sy aansoek om uitstel aan vir ‘n spesiale pleitverhoor. Zuma se regspan aanvaar nie dat sy deelname deur middel […]
Ent hier in Khomas - July 19, 2021
Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat beide Rhinopark en Lady Pohamba in die hoofstad wel Sinopharm-inentings ontvang het. Daar was vroeër berigte dat die inentings nog nie versprei is nie. Die ministerie van gesondheid sê inentings in die Khomas-streek word by die twee privaathospitale, Lady Pohamba en Rhinopark uitgevoer sowel as by die Hossianakerk se […]
Walvis-brand geblus, ondersoek reeds geloods - July 19, 2021
Meer inligting is bekend oor die brand vanoggend by die Magic Discounters-kompleks in Walvisbaai. Die brand is nou geblus en die ondersoek na die oorsaak het reeds begin. Die adjunk-hoof van die dorp se brandweerdiens, Tutaleni Katindi het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…
Reaksie op Toyota se kommer oor sy SA-bedrywighede - July 19, 2021
Toyota Internasionaal het op sy sosiale media-platforms gesê hy is uiters bekommerd oor die plundery en geweld in KwaZulu-Natal. Die maatskappy het gesê dit is nie duidelik of hy voort kan gaan met sy bedrywighede in die provinsie, of die land nie. Dr Norman Lamprecht die uitvoerende bestuurder van uitvoere en navorsing by die Suid-Afrikaanse […]
42 families ontvang vanoggend wonings in Whk - July 19, 2021
Stad Windhoek is tans besig om 42 lae-inkomste huise aan begunstigdes in Okuryangava te oorhandig. Die geleentheid vorm deel van ‘n groter projek van meer as 600 bekostigbare huise. Harold Akwenye van Stad Windhoek sê dit is ‘n groot verligting vir die families wat reeds ‘n geruime tyd wag…
Biden inentingsteikens nie ons skuld nie – Facebook - July 19, 2021
Facebook sê hy kan nie die blaam vat vir die feit dat President Joe Biden nie sy inentingsteikens bereik het nie. Biden het vroeër die maatskappy daarvan beskuldig dat hy nie genoeg doen om fopnuus in verband met die Covid-inentings te beheer nie. Biden wou 70 persent van alle landsburgers teen 4 Julie ingeënt het. […]
Bezos maak gereed vir môre - July 19, 2021
Die eienaar van Amazon Jeff Bezos het Sondag saam met sy mede-passasiers opleiding ontvang ter voorbereiding van sy vlug môre na die rand van ruimte. Luidens die jongste berigte is die weervoorspelling ook gunstig vir die eerste vaart van Blue Origin se New Shepard. Virgin Galactic se Richard Branson het reeds sy vlug op 11 […]
Walvis-brand onder beheer - July 19, 2021
Die brand by Walvisbaai se Magic Discounters-kompleks is volgens berigte onder beheer. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Willem Prinsloo, ‘n voormalige brandbestryder, is op die toneel en het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Proteas sal moet sokkies optrek vir T20-wêreldbeker - July 19, 2021
Die Proteas se assistent-afrigter Enoch Nkwe sê die span moet baie verbeter vir die T20-wêreldbeker later vanjaar in die Verenigde Arabiese Emirate. Na die Een-dag Internasionale reeks in Ierland, skuif die aandag nou na die drie T20-internasionale wedstryde. Die eerste wedstryd word vanaand in Dublin gespeel. Nkwe sê hulle neem die T20-reeks teen Ierland ernstig […]