
Pres. Geingob lig inperkings op streke - July 30, 2021
Namibiese President Hage Geingob is tans besig met die aankondiging van die jongste Covid-regulasies. Hy het inperkings op streke gelig en 50 persone word by openbare byeenkomste toegelaat. Die aandklokreël is nou vanaf tien-uur saans tot vier-uur soggens. Skole heropen op Woensdag 4 Augustus. Drrankverkope is steeds beperk tussen nege-uur soggens en ses-uur saans Maandag […]
Kaapstad wil van Britse rooi lys verwyder word - July 30, 2021
Die Stad Kaapstad sê hy ondersteun oproepe deur die toerismebedryf, onder andere Kaapstad Toerisme, dat Suid-Afrika van die Verenigde Koninkryk se sogenaamde rooi lys verwyder word. ‘n Woordvoerder sê dié land is die stad se grootste toeriste-mark en die besluit om Suid-Afrika op die rooi lys te plaas, ontneem Kaapstad van ‘n groot aantal Britse […]
‘Profeet’ Jackson Babi steeds agter tralies - July 30, 2021
Die selfverklaarde profeet, pastoor Jackson Babi, bly agter tralies nadat hoërhofregter Herman January Babi sy appèl teen sy borgtogweiering afgekeur het. Babi staan onder meer tereg op klagte van renosterstropery, onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, asook dat hy probeer het om ‘n polisiebeampte om te koop.
Kunene: voedselhulp is voldoende, maar water is steeds te min - July 30, 2021
Daar is verligting in die Kunene-streek met hulp wat die regering en die Rooikruis aan die streek gebied het. Voedselhulp is reeds voorsien en volgens berigte sal huishoudings in nood koopbewyse ontvang om voedsel aan te koop. Die UDF-parlementslid en boer in die streek Dudu Murorwa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die bystand in […]
Isabel dos Santos moet aandele teruggee aan Angola, onwettig bekom - July 30, 2021
‘n Internasionale arbitrasiehof het beslis dat Isabel dos Santos, die dogter van die voormalige president van Angola Jose dos Santos en volgens berigte die rykste vrou in Afrika, haar aandele in die Galp-energiefirma aan Angola moet terug besorg. Die aandele is 500 miljoen Amerikaanse dollar werd. Die hof, die Instituut vir Arbitrasie in Nederland, het […]
Inwoners sit erwe self uit in Whk - July 30, 2021
Die diens en lewering van erwe in veral die hoofstad bly ‘n uitdaging vir owerhede. Volgens berigte het ongeveer 200 inwoners van die hoofstad toegesak op die gebied naby Kilimanjaro en Okahandjapark, net noordoos van Windhoek het grond vir hulself uitgesit. Lede van die gemeenskap het aan plaaslike media gesê hulle sal aanhou om erwe […]
Ontwikkeling in Omaheke vorder - July 30, 2021
Die goewerneur van die Omaheke-streek Pijoo Nganate het vanoggend sy streeksrede gelewer. Verskeie ontwikkelingsprojekte is aangepak en voltooi en die streek se plaaslike ekonomie is hierdeur ondersteun, soos hy verduidelik…
Erge Oosweer aan die kus die naweek - July 30, 2021
As voorspellings hou gaan dit ‘n mislike naweek by kus wees met Oosweer toestande en sandstorms. Motoriste word gewaarsku om uiters versigtig te bestuur. Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheidsinisiatief sê dehidrasie is ook ‘n uitdaging…
Buurland ‘n topbestemming vir ontkoling - July 30, 2021
Die adjunk-voorsitter van Suid-Afrika se Presidensiële Klimaatskommissie, Valli Moosa, sê die land kan ‘n gesogte bestemming vir plaaslike en internasionale belegging vir ontkoling word. Ontkoling is die proses waar die aanpaksel van koolstof verwyder word. Moosa het tydens ‘n waterstofgerigte webinaar gesê daar is baie faktore in Suid-Afrika se guns. Dit sluit kapitaalmarkte en goed […]
Miljarde vir skoolopleiding in arm lande - July 30, 2021
Die Global Partnership for Education wil bykans 74 miljard Namibiese dollar insamel om skoolopleiding te verskaf aan 88 miljoen kinders in die armste lande ter wêreld. Die Verenigde Koninkryk sê hulle sal byna nege miljard Namibiese dollar bydra om die onderwys in 92 lande te ondersteun. Die doel van die vennootskap is om onderwys in […]