Betogers teiken BBC in Wes-Londen - August 9, 2021

BBC se ateljees in Wes-Londen is deur ‘n groep betogers geteiken wat teen die Britse regering so Covid-planne is. Die skare het probeer om by die gebou in te breek en met die polisie gebots. Polisiebeamptes het die betogers probeer stop wat alles probeer het om by die gebou in te gaan.

Read More

‘Waterstofbom’ lei tot ontploffing by Medupi-steenkoolkragstasie - August 9, 2021

Nalatigheid, swak prosedures en iemand wat nie sy werk gedoen het nie, en daar het jy ’n waterstofbom. So beskryf die energiekenner Ted Blom die gebeure Sondagaand voor elf-uur in eenheid vier van die Medupi-steenkoolkragstasie in Lephalale waar waterstof vermoedelik met suurstof gemeng en tot ’n ontploffing gelei het. Blom sê hy het inligting oor […]

Read More

Inenting môre by Universiteit van Namibië se hoofkampus - August 9, 2021

Die Universiteit van Namibië het aangekondig dat die tweede dosis van AstraZeneca nou by die universiteit beskikbaar is. Covid-inentings sal slegs môre by die hoofkampus in die hoofstad beskikbaar wees. Diegene wat hul eerste dosis-inenting ontvang het, word aangemoedig om hul tweede dosis van die langverwagte AstraZeneca te ontvang. Unam se openbare skakelbeampte, John Haufiku, […]

Read More

Coca-Cola Namibia open inentingsentrum in Lafrenz-nywerheidsgebied - August 9, 2021

Coca-Cola Namibia gaan saam met African Personnel Services onder die vaandel van die Namibiese gesondheidsminsiterie, Woensdag die eerste inentingsentrum in die Lafrenz-nywerheidsgebied by Coca-Cola se hoofkantoor in Rendsburgerstraat oopmaak. Inentings sal Maandae tot Vrydae tussen nege-uur soggens en vier-uur smiddae plaasvind. Die inentingsentrum is oop vir die publiek en Coca-Cola sal vervoer vanaf die Shell-diensstasie […]

Read More

Cirrus: Namibië se inentingsteiken eers in 2026 bereik - August 9, 2021

Cirrus, ‘n Namibiese beleggingsmaatskappy het inligting oor Namibië se inentingsteiken verskaf. Volgens Cirrus sal Namibië teen die huidige inentingskoers, eers die teiken vir inentings van meer as 1,47 miljoen mense, of 60 persent van die bevolking, rofweg teen die middel van 2026 bereik. Romé Mostert, ‘n ekonoom van Cirrus in Windhoek verduidelik aan Kosmos 94.1 […]

Read More

China se 14 wilde olifante weer op pad huis toe - August 9, 2021

Ná 17 maande se rondtoer is die 14 wilde olifante van China weer op pad huis toe. Hul epiese tog oor 500 kilometer gestrek, een miljoen Amerikaanse dollar se skade, veral aan pynappelplantasies meegebring en het 410 noodpersoneel en agt voltydse olifantwagters behels.

Read More

Namibia Dairies sny salarisse met 20 persent - August 9, 2021

Weens die negatiewe impak van die Covid-pandemie op die suiwelbedryf, gaan Namibia Dairies tydelike salarisbesnydings van 20 persent vanaf 1 Augustus tot 31 Oktober implementeer. Volgens die Namibiese Landbou-unie was die produksie van rou melk 21 miljoen liter in 2019, wat tot 17 miljoen liter in 2020 gedaal het, terwyl die verwagtinge vir 2021 slegs […]

Read More

ANC-vrouliga soek vrou as president - August 9, 2021

Die ANC-vroueliga het die feit dat vroulike burgemeesters en raadslede met mans vervang is, gekritiseer en gesê hy sal sy stryd voortsit om ‘n vrou as president van die party te laat verkies. Die liga het op Nasionale Vrouedag bekend gemaak hul stryd om ‘n vroulike president het ‘n terugslag ervaar, maar hy sal nie […]

Read More

Helmeringhausen bied weiding vir Dordabis-boere aan - August 9, 2021

Die verwoestende weghol-veldbrande wat verlede week in die Dordabis-omgewing gewoed het, het Namibiërs van heinde en verre weer weer gewys wat menslikheid is. Bjorn Bassler, eienaar van die Helmeringhausen Hotel en Gasteplaas het na geraakte boere uitgereik en vir hul weiding vir hul vee aangebied. Hy bied weiding vir tussen 150 en 200 beeste op […]

Read More

Hospitaal-innames vir Covid daal - August 9, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het vyf Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld, asook 160 nuwe gevalle uit 1 406 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 11 persent verteenwoordig. In die groep is 28 leerders, vyf onderwysers, drie studente en vier gesondheidswerkers. Daar is nou 18 558 aktiewe gevalle, waarvan 368 in hospitale en 76 in intensiewesorg is. […]

Read More