
Namibiese wild suksesvol na die DRK verskuif - August 30, 2021
Wildlife Vets Namibia het ‘n reuse wildverskuiwingsoperasie na ‘n private wildreservaat in die Demokratiese Republiek van die Kongo onderneem. Wild soos swartwitpense, bastergemsbok, njalas, elande en wildebeeste is vanaf Namibiese wildplase meer as 3 000 kilometer per pad na die noordooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo vervoer. Wildveearts dr. Ulf Tubessing van Wildlife […]
Reuse-agterstand in DNS-toetse in Gauteng - August 30, 2021
Die Demokratiese Alliansie in Gauteng sê geregtigheid vir duisende slagoffers van gewelddadige misdaad word vertraag weens ‘n toenemende agterstand in DNS-toetsing. Dit is onthul in ‘n mondelinge antwoord van die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, op ‘n vraag van die DA in die provinsiale wetgewer. Die party se woordvoerder, Michael Shackleton, sê volgens Mazibuko het […]
Uitdagings van mynbousektor by virtuele konferensie bespreek - August 30, 2021
Met die Kamer van Mynwese van Namibië se 2021 virtuele mynboukonferensie wat Woensdag afskop, het die uitvoerende hoof van die kamer, Veston Malango, met Kosmos 94.1 Nuus die uitdagings van die mynboubedryf gedeel. Alhoewel die Mynbou-ekspo met die virtuele konferensie vervang is, het hy gesê die uitdagings sal hiertydens bespreek word.
Rusland wil Afghanistan help met sy ekonomie - August 30, 2021
Rusland se ambassade in Afghanistan gaan ekstra vlugte na Kabull reël om mense na veiligheid te bring. Die Russiese weermag het ook meer militêre oefeninge naby aan die grens met Afghanistan gehou weens die toenemende spanning in die streek. Dis egter nog onduidelik of hierdie vlugte ná Dinsdag sal plaasvind. Dinsdag is die sperdatum vir […]
Sun International kry byna $500 miljoen vir pandemie-eis - August 30, 2021
Sun International het die eerste 235 miljoen rand ontvang van die versekering wat hy vir sake-onderbreking gehad het. Nóg sowat 260 miljoen rand word in die volgende maande verwag. Sun International is die eerste groot gasvryheidsgroep wat aangekondig het vir hoeveel hy met sy versekeraars geskik het oor dié versekering wat ondernemings dek vir die tyd waarin hulle weens die inperkings in die Covid-pandemie nie sake kon doen […]
98 leerders positief getoets - August 30, 2021
Shangula het sy kommer oor die hoë aantal positiewe gevalle onder leerders uitgespreek. Die 98 leerders wat positief getoets het, verteenwoordig 53 persent van alle positiewe gevalle. By Rietquelle Hoërskool in die Gobabis-distrik is 56 leerders positief en 19 leerders van Otjituuo Primêre Skool in die Grootfontein-distrik.
Geen Covid-sterftes in Namibië aangemeld - August 30, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het vandag vir die eerste keer na 19 April geen sterfgevalle aangemeld nie. Altesaam 184 nuwe gevalle is uit 1 345 toetsuitslae aangekondig, wat ‘n positiewe koers van 14 persent verteenwoordig. In die groep is 98 leerders, tien onderwysers en vyf gesondheidswerkers. Daar is nou 2 678 aktiewe gevalle, waarvan 177 in […]
Ramptoestand in Louisiana afgekondig - August 30, 2021
Die Amerikaanse president, Joe Biden, het ‘n ramptoestand in Louisiana afgekondig nadat een persoon dood en meer as ‘n miljoen sonder elektrisiteit gelaat is ná die verwoesting wat deur Orkaan Ida aangerig is. Die orkaan is intussen aangepas van ‘n kategorie vier-storm na ‘n tropiese storm. Die orkaan het die vasteland gister getref, presies 16 jaar […]
Kommer oor Noord-Korea weer kernwapens vervaardig - August 30, 2021
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê dit lyk asof Noord-Korea vir die eerste keer sedert Desember 2018 weer begin met bedrywighede by ‘n kragaanleg wat plutonium vir kernwapens kan vervaardig. Die Verenigde Nasies se kernwaghond sê in sy jongste jaarverslag bewyse hiervan is vroeg verlede maand waargeneem en dit is ‘n bron van ernstige kommer. Die verslag sê die […]
Die ANC-staatmakers, Walter en Albertina Sisulu, se kleinseun word beskryf as slim. - August 30, 2021
Die ANC-staatmakers, Walter en Albertina Sisulu, se kleinseun wat die naweek aan Covid-19 dood is, word beskryf as ‘n slim sake-eienaar wat belange in mynbou, eiendom en die media gehad het. Die 41-jarige Moyikwa Sisulu was die seun van die Sisulu-egpaar se seun, Zwelakhe. Hy is vroeër hierdie maand met die koronavirus gediagnoseer en het […]