Benefits associated with a Ukrainian Ladies Marital relationship - August 31, 2021

There are many dissimilarities between a Ukrainian ladies marriage and a traditional Eu one. While European ladies often look for men so, who are more classic, Ukrainian women are often modern-day, bringing a several perspective towards the relationship. If you’re interested in marrying a Ukrainian lady, listed below are a handful of tips to choose […]

Read More

Wes-Kaap goed toegerus om nuwe Covid-variante op te spoor - August 30, 2021

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê wetenskaplikes in die provinsie is goed toegerus om nuwe variante van Covid-19 op te spoor en gouer daarop te reageer. Dit, na Suid-Afrikaanse navorsers aangekondig het dat hulle ‘n nuwe Covid-variant van moontlike belang geïdentifiseer het. Die variant is opgespoor deur genomiese monitering van die virus, tydens die derde vlaag van […]

Read More

Rekord vir langste ry blikkieskos in Kaapstad verpletter - August 30, 2021

Ladles of Love het die bestaande Guinness-wêreldrekord vir die langste ry blikkieskos verpletter. Die voedselsekerheids-organisasie in Kaapstad het die naweek 90 450 blikkies oor ‘n afstand van 6,7 kilometer by die V-en-A Waterkant in Kaapstad uitgelê. Dit is meer as die Kanadese rekord van 44 966 blikke. Ladles of Love se stigter, Danny Diliberto, sê […]

Read More

Hervorming kom vir aansoeke van minerale regte - August 30, 2021

Die Namibiese minister van myne en energie, Tom Alweendo, het vandag die tydelike opskorting van aansoeke vir minerale regte opgehef wat op 6 November 2020 ingestel is. Hy het gesê die opskorting was genoodsaak deur klagtes van die publiek dat die ministerie te lank neem om op hul aansoeke te reageer. Die ministerie gaan nou […]

Read More

Kortsluiting dalk oorsaak van brand in Milaan-gebou - August 30, 2021

Owerhede in Italië sê hulle vermoed ‘n elektriese kortsluiting was die oorsaak toe ‘n gebou van 20 verdiepings in Milaan in ‘n brand verwoes is. Meer as 30 mense is na veiligheid gebring en sowat 20 is op die toneel vir brandinaseming behandel. Meer as 50 brandbestryders het met 15 brandweerwaens die vuur geblus, maar […]

Read More

Ses sluipmoordbeskuldigdes op gesondheidsbeampte bly agter tralies - August 30, 2021

Ses beskuldigdes in die sluipmoord op die Gautengse gesondheidsbeampte Babita Deokaran bly in aanhouding ná hulle eerste hofverskyning vandag in Johannesburg. Hulle word aangekla van moord, poging tot moord, sameswering om moord te pleeg en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. ‘n Sewende persoon wat Vrydag in hegtenis geneem is, is weens ‘n […]

Read More

Wes-Kaapse damme vol - August 30, 2021

In die Wes-Kaap het die gemiddelde vlakke van damme na 81,42 persent gestyg teenoor verlede jaar die ooreenstemmende tyd se 71,7 persent. Damme wat Kaapstad van water voorsien is nou 101,7 persent vol waar dit in 2016 slegs 56 persent vol was. James-Brent Styan, mediaskakelbeampte vir die Wes-Kaapse minister van plaaslike regering en omgewingsake, is […]

Read More

Nuwe Namibiese toerismedirekteur deel sy doelwitte - August 30, 2021

Die nuwe toerismedirekteur in die Namibiese ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is Sebulon Chicalu. Van sy reuse-take is om die toerismesektor tot herstel te lei, ‘n sterk band met die privaatsektor te vestig, asook met agentskappe verantwoordelik vir toerisme in die Verenigde Nasies en die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Chicalu wil volhoubare transformasie in toerisme […]

Read More

Namibiese damvlakke staan gesamentlik op 80,7 persent - August 30, 2021

Volgens NamWater se weeklikse dambulletin, het damvlakke vanaf verlede week se gesamentlike vlak van 80,9 persent na 80,7 persent gedaal. Damme wat die sentrale streek van water voorsien, staan nou op 76,1 persent, teenoor verlede week se 76,7 persent. Damme in die Suide is gesamentlik tans 86,7 persent vol teenoor verlede week se 86,8 persent.

Read More

SA landboudepartement sleep voete met betaling van sprinkaanbeheerders - August 30, 2021

Die Suid-Afrikaanse landboudepartement sleep na bewering voete met die betaling van spanne boere wat aangestel is om sprinkane in dele van die Karoo te beheer. Miljarde sprinkane het verlede jaar gebiede soos Middelburg, Cradock en Graaff-Reinet geteister. Volgens berigte het die departement meer as 60 miljoen rand bestee om die swerms te beheer, maar sommige […]

Read More