
Jacques Nienaber praat oor die Bokke - August 8, 2021
Rugby: Hulle leuse om nie verskonings te soek nie, maar om oplossings te vind het Suid-Afrika gehelp om die toetsreeks teen die Britse en Ierse Leeus met 2-1 in hulle guns te beklink. Dit is die mening van die Springbokke se hoofafrigter, Jacques Nienaber, na ‘n spannende derde toets gisteraand in die Kaapstad-stadion wat hule […]
WWO se jaarlikse fotografie-kompetisie - August 8, 2021
Die Wêreld Weerkundige-Organisasie het sy jaarlikse fotografie-kompetisie vir sy 2022-kalender van stapel gestuur. Sedert dit in 2014 bekend gestel is, het die WWO se kompetise al hoe groter status en erkenning begin geniet. Hulle soek hoë-gehalte en kunsfoto’s van die wonderbaarlike krag en skoonheid van die weer en natuurlike omgewing. Die WWO verwelkom foto’s wat […]
Windhoekers word uitgenooi vir staptoer in die Botaniese tuin - August 8, 2021
Die Botaniese Vereniging nooi Windhoekers uit na ‘n begeleide staptoer in die Botaniese Tuin. Die staptoer sal op Saterdag 14 Augustus vanaf halfnege tot kwart voor elf die oggend by die Nasionale Botaniese Navorsinginstituut plaasvind. Die voorsitter van die Botaniese Vereniging, Ellen Gudde.
Die Menseregtekommissie in Suid-Afrika gaan ondersoek oor burgerlike onrus in die buurland doen. - August 8, 2021
Die Suid -Afrikaanse Menseregtekommissie gaan ‘n nasionale ondersoek na die burgerlike onrus van verlede maand in die buurland begin. In ‘n verklaring sê die kommissie dat die rol en doeltreffendheid van die staat, veral die polisie en die veiligheidskluster as geheel, onder die kollig sal kom. Die kommissie sal ook onderliggende redes ondersoek wat tot […]
Nuus van die Olimpiese Spele - August 8, 2021
Die Namibiese atleet, Rainhold Tomas het 42 ste ge-eindig in die mansmarathon by die Spele in Tokio, 9 minute 50 sekondes agter die wenner Eliud Kipchoge van Kenia.
Ou Mutual skenk drie spesialis-teen-stropingshonde aan ministerie - August 8, 2021
Ou Mutual het drie spesialis-teen-stropingshonde aan die Namibiese ministerie van die Omgewing en Toerisme geskenk. Die honde het vanoggend op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aangekom en sal help met die stryd teen wildstropery. Manie Le Roux, beheerbewaarder vir sentrale parke by die ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus op die lughawe gepraat.
NATIS-kantore landwyd vir besprekings vir leerling- en bestuurslisensies môre weer oop - August 8, 2021
Die Namibiese Paaie-owerheid het bekendgemaak dat NATIS-kantore landwyd met besprekings vir leerling- en bestuurslisensies vanaf môre sal voortgaan. Hileni Fillemon, die bestuurder van korporatiewe kommunikasie, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is belangrik dat Covid-maatreëls steeds nougeset gevolg moet word. Fillemon gee meer duidelikheid oor leerlinglisensies wat intussen tussen 1 Julie en 6 Augustus […]
Harry Simon in November vanjaar weer in die kryt - August 8, 2021
Boks..Die voormalige wêreldkampioen Harry Simon beplan om volgens plaaslike media op 20 November vanjaar deur die toue te klim vir ‘n geveg teen Martin Shambo. Dit gaan volgens die twee boksers ‘n aand vol aksie wees wat mense se gedagtes bietjie van die Covid-19-pandemie kan aflei.
Universiteite van Namibië en Oxford bied gratis aanlynkursus oor astronomie en sterre-toerisme aan. - August 8, 2021
Die Universiteite van Namibië en Oxford gaan ‘n gratis aanlynkursus oor astronomie en sterre-toerisme aanbied. Die kursus sal bestaan uit vyf een-en-’n-half-uur-sessies wat via Zoom vanaf 24 Augustus op Dinsdae gaan plaasvind. Die program is vir toergidse ontwerp, maar enige iemand is welkom om te registreer. Dr. Michael Backes van die Universiteit van Namibië.
Polisie gereed vir enige oproere met Zuma se hofverskyning Dinsdag - August 8, 2021
Die Suid-Afrikaanse polisie het bekendgemaak dat spesiale eenhede ontplooi sal word om te voorkom dat ondersteuners van oud president Jacob Zuma Dinsdag oproerig raak met sy hofverskyning in die KwaZulu-Natalse Hooggeregshof in Pietermaritzburg. Hy staar 16 aanklagte van korrupsie, afpersing, bedrog, belastingontduiking en geldwassery in die gesig.