Plaaslike pluimvee bedryf presteer al hoe beterJune 5, 2025

Namibië se pluimvee bedryf se produksiewaarde het in 2024 1,74 miljard Namibiese dollar bereik, 13 persent meer as die 1,5 miljard dollar wat in 2023 aangeteken is. Die sektor, wat goed groei, is nou die tweede grootste bydraer tot landbou, naas beesvleis, wat 3,2 miljard dollar verlede jaar aangeteken het. Die land is reeds onafhanklik in verband met eierproduksie en kan aan sy eie vraag voldoen. Pluimvee word as uiters belangrik beskou omdat dit ‘n bekostigbare bron van proteïen is en dus meen kenners, is die omgewing uiters voordelig vir meer beleggings.