SA olifantstropers kry 8 jaar agter tralies - June 1, 2021

Ook in die buurland verwelkom die Nasionale Vervolgingsgesag die vonnisse van agt jaar elk wat die Malamulele-streekshof in Limpopo opgelê het op twee burgers van Mosambiek wat skuldig bevind is aan olifantstropery. Die 31-jarige Enock Sibanda en 28-jarige Eckson Shirinda is in November 2018 deur Kruger Nasionale Park-bewaarders in hegtenis geneem. ‘n Woordvoerder, Mashudu Malabi-Dzhangi, […]

Read More

Werkloosheid styg in SA - June 1, 2021

Die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika het in die eerste kwartaal vanjaar met 0,1 van ‘n persentasiepunt tot 32,6 persent toegeneem, vergeleke met die vierde kwartaal in 2020. Statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het vandag die kwartaallikse Arbeidsmagopname bekend gemaak en sê ongeveer 28 000 minder mense het in hierdie kwartaal gewerk. Die opname toon dat jongmense tussen 15 […]

Read More

NSX: Oplewing in mark - June 1, 2021

Altesaam 8,1 miljoen Namibiese dollar het gister op die Namibiese Aandelebeurs verhandel met Sanlam ter waarde van 2,8 miljoen Namibiese dollar en die Standard Bank-groep se waarde van 2,3 miljoen Namibiese dollar wat hande verwissel het. Daar was geen plaaslike beursverhandeling op die NSX nie. Tian Bazuin, die uitvoerende hoof van die NSX, sê aan […]

Read More

Kredietverlening in private sektor groei - June 1, 2021

Die groei van die kredietverlening in die private sektor het tot 3,1 persent jaarliks verbeter, wat vanaf Maart met 1,1 persentasiepunte verhoog het, volgens Bank of Namibia. Die groei was hoofsaaklik te wyte aan die groei in verbandlenings aan individue wat 74,4 persent van die totale lenings uitgemaak het. Die totale uitstaande krediet in die […]

Read More

Veediefstal groei by Vaalgras - June 1, 2021

Hoofman Joel Stephanus van die Vaalgras Tradisionele Owerheid het met die Namibiese polisie se bevelvoerder van die ||Kharas-streek, kommissaris David Indongo, vergader. Die grootste uitdagings in die Vaalgras-gebied is die styging van veediefstal en onwettige shebeens. Volgens Stephanus is die misbruik van alkohol en dwelm

Read More

Beatus Amadhila is nuwe uitvoerende hoof van Powercom - June 1, 2021

Powercom, die staatsbeheerde inligting- en kommunikasietegnologie infrastruktuur en toerustingvoorsiener, het Beatus Amadhila as sy nuwe uitvoerende hoof aangekondig. As ‘n syferman het Amadhila verskeie meestersgrade in ontwikkelingsfinansiering en sake-administrasie.

Read More

Sluipmoordaanval in Kampala - June 1, 2021

Gewapende aanvallers het vandag in Kampala op Uganda se oud-weermagbevelvoerder en huidige vervoerminister, generaal Katumba Wamala, in sy ampsvoertuig losgebrand. Sy dogter en drywer is in die sluipmoordaanval dood, berig internasionale media. Wamala is beseer.

Read More

Eerste Afrikaanse radio-uitsending vandag 45 jaar gelede - June 1, 2021

Vandag 45 jaar gelede het die Afrikaanse diens van die SAUK sy eerste radio-uitsending van vier ure vanaf Windhoek gehad. Kosmos 94.1 se stigter, Kolie van Coller, is deur Renathe Loth en Jonathan Basson bygestaan. Van Coller onthou hierdie geskiedkundige dag op 1 Junie 1976. Van Coller onthou ook die tegnologiese uitdagings.

Read More

Opuwo landelike verkiesing op 2 Julie - June 1, 2021

Die herhaling van die verkiesing van die Opuwo landelike kiesafdeling se verteenwoordiger op die Kunene-streeksraad sal op 2 Julie plaasvind. Volgens die Verkiesingskommissie van Namibië verloop die voorbereiding van die verkiesing goed.

Read More

BLSA: Onteieningswetsontwerp skrik beleggers af - June 1, 2021

Die bestuurshoof van Business Leadership South Africa, Busi Mavuso, sê die grootste kwessie met die Onteieningswetsontwerp is dat dit duidelik sê eiendom is nie net tot grond beperk nie. Dit beteken dat enigiets onteien kan word, van roerende en onroerende bates tot intellektuele eiendom. Die wetgewing moet die bestaande Onteieningswet van 1975 vervang. Mavuso sê […]

Read More