
Die twee sussies en die plastiek-bakstene - September 21, 2021
Die 28-jarige Kekeletso Tsiloane en haar 32-jarige suster, Kedibone, is besig om ‘n opskudding te veroorsaak as vroue in die boubedryf en die groen ekonomie. Nadat hulle bewus geword het van die koste van boumateriaal, het hulle gehoop om ‘n ooreenkoms aan te gaan met ‘n baksteenmaatskappy in die Vrystaat wat deur vroue besit word. […]
Voorafbetaalde water genoodsaak deur skuld - September 21, 2021
Verskeie dorpe regoor Namibië ontvang alleenlik water as hulle vooraf daarvoor betaling aan NamWater maak. Uitstaande skuld by die watervoorsiener beloop miljoene dollar en NamWater sê hy het geen ander opsie gehad nie. Khorixas, Otavi, Okakarara, Stampriet, Maltahöhe, Berseba, Tses, Gibeon, Karasburg, en Keetmanshoop is onder die groep dorpsrade. NamWater se woordvoerder Johannes Shigwedha…
NamPower wek amper 70% minder krag op - September 21, 2021
Namibië se kragopwekkingsvermoë het vanjaar met amper 70 persent gedaal teenoor verlede jaar as gevolg van die lae vloei in die Kunene-rivier wat die Ruacana kragstasie se vermoë inperk. Ruacana se opwekkingsvermoë het in Julie vanjaar met 85,7 persent gedaal. Tydens die maand het onafhanklike produsente 54,4 persent van die totale plaaslike elektrisiteit in die […]
Verbod op entstof-uitvoere het wesenlike impak op Afrika - September 21, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku die verbod op die uitvoer van entstof teen Covid-19 het steeds ‘n negatiewe uitwerking op entstofvoorrade in Afrika en vertraag die voorkoming- en herstelproses. Die WGO se streeksdirekteur in Afrika, Matshidiso Moeti, sê Afrika benodig byna 500 miljoen dosisse om die jaareinddoel te bereik. Slegs 2 persent van die entstowwe is in […]
Nadoodse ondersoek in Petito-saak vind vandag plaas - September 21, 2021
Die FBI het die familie-woning van Gabby Petito, 22, se verloofde Brian Laundrie vir ure deursoek nadat oorskot wat moontlik sy is, Sondag in ‘n nasionale park in Wyoming gevind is. ‘n Nadoodse ondersoek sal vandag gedoen word. Owerhede weet nie waar Laundrie, 23, hom tans bevind nie. Hy het vroeër die maand sonder Petito […]
Fishrot-samevoeging: regter sê op 6 Okt. - September 21, 2021
Die Fishrot-beskuldigdes sal op 6 Oktober hoor of die twee sake saamgevoeg word wanneer regter Christie Liebenberg uitspraak lewer. Net twee van die tien beskuldigdes, die voormalige minister van visserye, Bernhardt Esau en sy skoonseun Tamson Hatuikulipi staan nie die aansoek teen nie. Die staat sê dieselfde getuies sal in die twee sake geroep moet word indien hulle nie saamgevoeg word […]
Volksmoord-kwessie verdeel rolspelers - September 21, 2021
Die volksmoord-ooreenkoms en die besprekings in die Nasionale Vergadering vandag blyk meer verdeling as ooit tevore te veroorsaak. Sommige kommentators sê dit kan tot ernstige burgerlike onrus lei. Verskeie politieke partye soos die LPM, PDM en Nudo gaan vandag betogings hou en petisies by die parlement oorhandig. Politieke kommentator, dr. Ndumba Kamwanyah, gee sy mening […]
SA se posisie op Britse rooilys belemmer ekonomiese herstel - September 21, 2021
Die Wes-Kaapse regering sê die Verenigde Koninkryk se besluit om Suid-Afrika op sy rooilys te hou, belemmer die land se ekonomiese herstel onnodig, in veral die toerisme- en gasvryheidsektore. Namibië is ook steeds op die rooilys en alle reisigers na die land is verbied behalwe vir voltydse studies. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede […]
Adjunkminister Nawatiseb verkoop na bewering huis onwettig - September 21, 2021
Die adjunkminister van openbare ondernemings Engelbrecht Nawatiseb word saam met verskeie ander vandag voor die hof gedaag deur die likwidateurs van die bankrot SME Bank. In die stukke voor regter Orben Sibeya sê die likwidateurs dat Nawatiseb en sy vrou op 10 November 2015 1,4 miljoen Namibiese dollar by die bank geleen het en hulle […]
Prins Andrew moet antwoord gee - September 21, 2021
Prins Andrew het 21 dae om te antwoord aan die Amerikaanse distrikshof in Manhattan nadat die siviele eis teen hom wat deur Virginia Guiffre geloods is, by die kantore van sy Amerikaanse prokureur afgelaai is. Dit plaas die Britse koningshuis in ‘n penarie omdat Andrew uiteindelik moet antwoord gee. Guiffre sê Andrew het haar seksueel […]