Australiese owerhede lê klagtes oor ‘bedrieglike’ internet-spoed beloftes - August 9, 2021

Die mededingingskommissie in Australië het dagvaardigings teen die top drie internet-verskaffers by die hof ingedien, omdat hulle na bewering verbruikers mislei het met die spoed van hulle internet aanbiedings. Volgens die kommissie het die maatskappye, Telstra Corp, Optus en TPG Telecom betalings by kliënte ontvang vir internet spoed wat hulle nie kon verskaf nie. Die […]

Read More

Ontploffing by Medupi – niemand beseer nie - August 9, 2021

Eskom het bevestig ‘n ontploffing het gisteraand by sy Medupi-kragstasie in Limpopo voorgekom. Niemand is beseer nie, maar sewe werknemers moes vir skok behandel word. Die kragvoorsiener sê in ‘n verklaring die voorval het vermoedelik daartoe gelei dat eenheid 5 uitgesny het. Alle werk aan die eenheid is onmiddellik gestaak en alle permitte vir werk […]

Read More

Eurowings land oormôre by Hosea Kutako - August 9, 2021

Die eerste Eurowings Discover vlug kom Woensdagoggend vroeg by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe aan. Eurowings vorm deel van die Lufthansa-groep. Dan Kamati, woordvoerder van die Namibiese Lughawensmaatskappy, sê daar is hoop dat besoeker-getalle sal toeneem.

Read More

SA-vrouedag: Covid het grootste impak of vroue gehad - August 9, 2021

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond Numsa sê hy salueer alle vroue terwyl hy dink aan die dapper vroue van die anti-apartheidstryd wat op 9 Augustus 1956 in hulle duisende betoog het teen die dompas-stelsel. Die buurland herdenk vandag Nasionale Vrouedag. Die vakbond se adjunkpresident Ruth Ntlokose sê dis steeds vroue wat die grootste impak van Covid voel.

Read More

Groot teenstand teen Boris oor Geronimo - August 9, 2021

‘n Agt-jarige alpakka Geronimo het ‘n groot kritiek teen die Britse eerste minister Boris Johnson ontketen. Geronimo is met beestuberkulose gediagnoseer en die Britse regering het bevind hy moet van kant gemaak word. Geronimo se eienaar Helen Macdonald het ‘n pleidooi aan Johnson en sy vrou Carrie gerig om genade te toon. Daar is selfs […]

Read More

Drie vas oor die naweek vir dagga - August 9, 2021

Die Namibiese polisie het oor die naweek verskeie dwelmvondse gemaak. ‘n Dertig-jarige man is by die Windhoek-Rehoboth padblokkade vasgetrek met dagga ter waarde van 331 000 Namibiese dollar en by dieselfde padblokkade is ‘n 24-jarige verdagte gearresteer vir die besit van dagga ter waarde van 50 000 dollar. In Hentiesbaai is daar beslag gelê op […]

Read More

Zuma-span moet voorleggings doen - August 9, 2021

Die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika het die regspanne van die voormalige president Jacob Zuma en ander partye opdrag gegee om elk ‘n 20-bladsy dokument in te dien waarin die internasionale regs- en grondwetlike implikasies van Zuma se gevangenisstraf beredeneer word. Die geskrewe voorleggings moet voor of op 13 Augustus 2021 ingedien word. Die Jacob Zuma-stigting […]

Read More

Enoch-aanstelling lok steeds reaksie uit - August 9, 2021

Reaksie word steeds ontvang oor die aanstelling van die nuwe Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana in die plek van Tito Mboweni wat gevra het om van sy pos onthef te word. Volgens professor Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool in Johannesburg, sal die nuwe minister hom moet toespits op finansiële konsolidasie om ekonomiese groei […]

Read More

Morné sal nog effe vertoef by Bokke - August 9, 2021

Die wedstyd-beklinker Morné Steyn sal langer in die Springbok-kamp vertoef nadat hy by die 43-tal ingesluit is vir die komende Kampioenskap. Die 37-jarige losskakel van die Bulle het Saterdag in die derde toets in Kaapstad die strafdoel behaal wat die reeks teen die Britse en Ierse Leeus vir Suid-Afrika beklink het. Steyn sê enige speler […]

Read More

HAN loods forensiese ondersoek wat Soni impliseer - August 9, 2021

Die Namibiese Gasvryheidsvereniging het ‘n forensiese ondersoek ingestel na verskeie eposse wat die vereniging sê onder sy vaandel uitgestuur is maar nie die enige lid van die vereniging nie. Die maatskappy Cynetio Cyber se bevindings toon dat daar prima facie bewyse is dat Nrupesh Soni van die Namibiese Reis- en Toerisme-forum die eposse uitgestuur het […]

Read More