Renosters word vandag gevier - September 22, 2021

Wêreldrenosterdag word vandag gevier om die bestaan van dié bedreigde spesie te herdenk. Namibië is die enigste land waar vrylopende swartrenosters nog voorkom. Die aantal witrenosters het in die laaste dekade met 12 persent gedaal met 18 000 witrenosters in Afrika oor. Namibia Nature Foundation gaan vandag saam met ander bewaringsvennote die dag ter ere […]

Read More

Hof sê vandag oor Unisa en Afrikaans - September 22, 2021

Die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika lewer vandag uitspraak in AfriForum se saak teen die Universiteit van Suid-Afrika, Unisa, se taalbeleid van slegs Engels. Die Appèlhof het vroeër die jaar die drukgroep se betoog gesteun dat Unisa se taalbeleid nie aanvaar en ingestel is in ooreenstemming met grondwetlike beginsels nie. Die hoof van kultuursake by AfriForum, […]

Read More

DRK-maasbankerkwota stel teleur - September 22, 2021

Daar is groot teleurstelling in die plaaslike visbedryf nadat dit aan die lig gekom het dat die regering ‘n gevriesde kwota van 27 300 metrieke ton maasbanker aan die DRK verkoop het. Rolspelers in die bedryf het aan plaaslike media gesê die bedryf kan self die 350 000 metrieke ton maasbanker wat beskikbaar is, vang […]

Read More

Australiese aardbewing wek kommer - September 22, 2021

Die Australiese eerste minister Scott Morrison het sy steun toegesê aan mense wat deur die aardbewing in Victoria geraak is. Dié aardbewing het ‘n meting van 6 op die Richterskaal geregistreer. Inwoners langs die kus van Australië, in Victoria, Canberra, dele van Sydney en selfs in Tasmanië, kon die skudding voel. Enkele geboue is beskadig. […]

Read More

Plaaslike vraag na ivermektien daal skerp - September 22, 2021

Ivermektien was op ‘n stadium uitverkoop in Namibiese winkels en daar was selfs ‘n wêreldwye tekort aan dié dieremedisyne wat sommige mense as behandeling teen Covid-19 gebruik. Perde-eienaars in Amerika wat ivermektien gebruik om hulle diere te ontwurm, sukkel om dit in die hande te kry. Die landboubedryf in Florida loop ook deur omdat die […]

Read More

Petito is vermoor, oorsaak moet nog bepaal word - September 22, 2021

Die oorskot wat in ‘n nasionale park in Wyoming in die VSA gevind is, is bevestig as die liggaam van 22-jarige Gabby Petito. Die staatspatoloog het bevestig dat haar dood moord is maar verdere ondersoek word steeds ingestel. Petito is op 11 September as vermis deur haar familie gerapporteer na haar verloofde Brian Laundrie sonder haar op 1 September teruggekeer het van ‘n vakansie […]

Read More

Volksmoord: VN moet intree, asb - September 22, 2021

Ovaherero en Nama jeug aan die kus het ‘n beroep op die VN gedoen in tussenbeide te tree in die volksmoord-ooreenkoms en komende prosesse tussen Duitsland en Namibië. Die groep is ook gekant teen die 19 miljard Namibiese dollar ooreenkoms wat as ontwikkeling bystand en hulp deur Duitsland gedefinieer word en oor ‘n periode van […]

Read More

Klimaatverandering – Amerika is terug - September 22, 2021

Die Amerikaanse President Joe Biden het onderneem om met die Kongres saam te werk ten einde die VSA se geldelike hulp aan ontwikkelende lande te midde van die klimaatskrisis te verdubbel. In sy eerste toespraak voor die Verenigde Nasies het hy gesê dié onderneming sal sy land die leier in openbare klimaatsfinansiering maak. Die voormalige […]

Read More

Speaker sal antwoord op Hlophe se aansoek - September 22, 2021

Die Speaker van die Nasionale Vergadering in Suid-Afrika Nosiviwe Mapisa-Nqakula het besluit om die aansoek wat deur die Wes-Kaapse regterpresident John Hlophe voor die Gautengse Hooggeregshof gebring is, te aanvaar. Hlophe vra die hof om die proses om hom uit sy pos te onthef, te staak. Hy is aan wangedrag skuldig bevind nadat hy twee […]

Read More

Ndonga Linena word Donderdag oorgetel - September 22, 2021

Die Verkiesingskommissie van Namibië gaan voortgaan om die stembriewe van die Ndonga Linena-kiesafdeling se streeksraadverkiesing van 2020 oor te tel. Die kommissie sal die hofbevel van die verkiesingshof van 13 September uitvoer en die stemme Donderdag oortel. Die verkiesing en die Swapo-kandidaat in die kiesafdeling, Kampota Michael Shiwana, is deur die verkiesingshof as ongeldig verklaar. […]

Read More