Kommer oor klimaatsverandering - September 4, 2021

Die Wêreldklimaatsorganisasie sê in ‘n verslag weerrampe tref die aarde vier tot vyf keer meer en rig sewe keer meer skade aan as in die 1970s. Die rampe lei egter tot minder sterftes as in die verlede. In die 1970s en 1980s het daar wêreldwyd gemiddeld 170 mense per dag gesterf. In die dekade ná […]

Read More

WGO oor Covid-entstof in Afrika - September 4, 2021

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se Afrika-streek sê die vasteland is verantwoordelik vir slegs twee-persent van die vyf-miljard-dosisse Covid-19-entstof wat al wêreldwyd toegedien is. Die WGO sê dié ongelykheid is hoogs ontstellend want die persentasie is al vir maande lank op dieselfde vlak. Die streekdirekteur vir Afrika, Matshidiso Moeti, sê dit is bemoedigend dat byna 21-miljoen dosisse die […]

Read More

Copps 94.1 was weer bedrywig op grondvlak - September 4, 2021

Kosmos 94.1 en borge se Copps 94.1-teenmisdaadrealiteitsprogram was weer besig gisteraand in Windhoek. Francois Lottering was op grondvlak.

Read More

New York se burgemeester oor die stormweer - September 4, 2021

New York se burgemeester waarsku oor ‘n nuwe wêreld ná die verwoesting van die Storm Ida. Bill de Blasio sê die uiterste reënval wat die storm teweeg gebring het, behoort almal aan te spoor om anders op te tree. Minstens 48 mense is reeds dood in die storm wat die noordooste van Amerika geteister het. […]

Read More

Mmusi Maimane oor die komende plaaslike verkiesings in Suid-Afrika - September 4, 2021

Die leier van die One South Africa Movement, Mmusi Maimane, doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om in die komende plaaslike verkiesings die ANC sy verdiende loon te gee soos hy dit gestel het. Die Konstitusionele Hof in die buurland het die Onafhanklike Verkiesingskommissie se aansoek om die Oktober-verkiesings uit te stel, van die hand gewys. […]

Read More

Grondgrype in Windhoek bly in die nuus - September 4, 2021

Mense sonder grond in Namibië is volgens berigte moeg vir die leë beloftes van mense wat in gesag is wat jaar na jaar dieselfde verskonings gee. Grondgrype word al hoe meer oral in Windhoekse se informele nedersettings gesien. Kosmos 94.1 Nuus het met Fransina Kahunga, die voormalige burgemeester van Stad Windhoek hieroor gepraat .

Read More

Suid-Afrikaners gaan volgende maand stem in die plaaslike regeringsverkiesings - September 4, 2021

Alles is weer op koers vir volgende maand se plaaslike regeringsverkiesings in Suid-Afrika nadat die Konstitusionele Hof die Onafhanklike Verkiesingskommissie se aansoek om uitstel van die hand gewys het. Die OVK het die hof genader vir uitstel tot Februarie volgende jaar – ‘n stap wat die ANC gesteun, maar opposisiepartye wyd verwerp het. Die verkiesing […]

Read More

Verpligte inentings in Suid-Afrika bly in die nuus - September 4, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê die kwessie oor verpligte inentings moet op maatskaplike vlak bespreek word. Phaahla het gister by die inentingsperseel in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto gesê sulke wetgewing word nie op die oomblik oorweeg nie, en verpligte inentings binne die perke van die wet moet deeglik in ag […]

Read More

Die Bulle is deur na die eindstryd van die Curriebeker-reeks - September 4, 2021

Rugby: Die Westelike Provinsie het nie ‘n kans gestaan teen die onstuitbare Bulle in gisteraand se Curriebeker-halfeindstryd op Loftus nie. Hulle het ‘n nederlaag van 48-31 gely ná die tuisspan teen rustyd reeds met 38-12 voor was. Edwill van der Merwe van die WP het twee drieë gedruk, maar die Bulle het die wedstryd deurentyd […]

Read More

Namibië en Botswana praat oor die situasie langs die Choberivier - September 4, 2021

Namibië se adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Netumbu Nandi-Ndaitwah, en haar ampsgenoot van Botswana, dr. Lemogang Kwape,het gemeenskappe in die Chobe-omgewing en Zambezi-streek besoek en samesprekings gevoer.Hulle het na afloop van die samesprekings gesê dit was om oor goeie buurmanskap langs die Choberivier te praat en oor planne hoe om […]

Read More