
Aktrise Lizz Meiring staan aan spits van veldtog om boere te help - November 18, 2021
Die Suid-Afrikaanse aktrise Lizz Meiring staan aan die spits van ‘n nuwe veldtog om dit moontlik te maak om in Januarie 3 000 ton dierevoer aan boere te voorsien. Sy reël die Reën-veldtog saam met die organisasie We Are South Africans en hulle maatskappy sonder winsbejag. Meiring se idee is dat plaaswinkels 50 rand van […]
Man wie se liggaam in dreinpyp in Katutura gevind is, geïdentifiseer - November 18, 2021
Die man wie se liggaam Maandag in ‘n dreinpyp in ‘n rivierbedding in Katutura ontdek is, is deur ‘n familielid geïdentifiseer as die 58-jarige Erastus Panduleni Lenga. Sy liggaam is tussen Namcol se Jetu Jama-sentrum en Namibia Primêre Skool gevind nadat Stad Windhoek ‘n verstopte dreinpyp vroeër dié dag ondersoek het.
Tweede persoon in VSA doen dodelike aapvirus op - November 18, 2021
‘n Tweede persoon in Amerika het die seldsame, maar hoogs aansteeklike aapvirus opgedoen, wat aan dieselfde genus behoort as pokke. ‘n Man van Maryland wat van Nigerië teruggekeer het, is positief getoets. Die virus kan dodelik wees.
Beurtkrag dalk môre in SA opgeskort - November 18, 2021
Suid-Afrikaners was vandag versigtig optimisties met die aankondiging dat beurtkrag moontlik môre opgeskort sal word. Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, het vanoggend gesê dat kragreserwes tot so ‘n mate verbeter het dat beurtkrag dalk vroeër tot ‘n einde sal kom. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad gee meer inligting.
Namibiese toerismesektor kry kans om insette in herstelplan te gee - November 18, 2021
‘n Namibiese toerismekenner het gereageer op die Namibiese toerismeministerie het ‘n konsepherstelplan vir die toerismesektor van 2022 tot 2024 opgestel om strategieë vir die herstelproses te implementeer. Landwye konsultasievergaderings sal in al die streke gehou word wat op 23 November op Swakopmund in die Erongo-streek sal afskop en in Desember in die Khomasstreek sal eindig. […]
Ladysmith Black Mambazo se stigter postuum vereer - November 18, 2021
Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die Nasionale Orde-toekennings vandag uitgedeel by die Sefako Makgatho presidensiële gastehuis in Pretoria. Die Nasionale Ordes is die hoogste toekennings wat aan Suid-Afrikaanse burgers en gesiene buitelanders toegeken word. Die afgetrede regter van die Konstitusionele Hof, Edwin Cameron, het goud gekry in die Kremetart-kategorie. Ladysmith Black Mambazo se stigter, wyle […]
Bank van Namibië kondig repokoers op 8 Desember aan - November 18, 2021
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het vandag sy repokoers met 25 basispunte tot 3,75 persent verhoog. Dit is die eerste rentekoersverhoging in drie jaar. Die Bank van Namibië volg tradisioneel die Suid-Afrikaanse Reserwebank se se monetêre beleidsbewegings. Die Bank van Namibië sal sy volgende monetêrebeleidsbesluit op 8 Desember aankondig. Die Namibiese se repokoers staan tans op 3,75 […]
Moordenaar Jason Rohde moet binne twee dae vonnis uitdien - November 18, 2021
Die voormalige Gautengse eiendomsbestuurder, Jason Rohde, moet binne twee dae begin om sy 15 jaar vonnis weens die moord op sy vrou uit te dien. Die hooggeregshof in Kaapstad het vandag sy aansoek om die verlenging van sy borgtog van die hand gewys hangende sy appèlaansoek in die Konstitusionele Hof. Rohde het sy vrou, Susan, […]
Amerikaanse regering help Namibiese jeugministerie met geslagsgeweldprojek van N$5,4 miljoen - November 18, 2021
Die Amerikaanse regering en Namibië se jeugministerie het vandag ‘n nuwe program van stapel gestuur om beter dienste aan tienermeisies, jong vroue en hul mansvriende te lewer om geslagsgeweld en MIV te voorkom. Die projek ter waarde van 5,4 miljoen Namibiese dollar is vandag onderteken. Andrew Karas, USAID se streekmissiedirekteur vir Suider-Afrika, verduidelik waaroor die […]
Boere help met waardevolle inligting van aasvoëls - November 18, 2021
Voëlkenner Dirk Heinrich sê hy is druk besig om weer aasvoëls te ring en met merkplaatjies te voorsien. Hy sê vroeër het boere aasvoëls vergiftig, maar die meeste boere ag aasvoëls as hul beste vriende, want hulle dui aan waar dooie diere lê. Heinrich sê baie boere ondersteun die ring van aasvoëls en waardevolle inligting […]