
Neem asb die spuit en vermy vierde vlaag – Thieme - November 12, 2021
Die Namibiese gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, sal vanoggend om nege-uur by Staatshuis Namibiërs oor die nuwe Covid-regulasies toespreek wat Maandag verval. Sven Thieme, uitvoerende voorsitter van die O&L Groep deel sy verwagtinge met Kosmos 94.1 Nuus. Hy moedig ook Namibiërs aan om ingeënt te word en maan teen ‘n vierde Covid-vlaag soos wat tans in […]
Openbare verhore oor aborsie in Omaheke, Erongo – kom sê jou sê - November 12, 2021
Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid is tans besig met openbare verhore oor aborsie in die streke van Omaheke en Erongo wat tot 15 November sal duur. Verlede maand het die komitee vir vier dae openbare verhore oor aborsie gehad. David Nahogandja, woordvoerder van die parlement, nooi die publiek in dié streke uit om hul […]
De Klerk: EFF sê nee vir staatsbegrafnis - November 12, 2021
Britse premier Boris Johnson sê hy is bedroef oor die afsterwe van Suid-Afrikaanse oudpresident FW de Klerk. Johnson sê De Klerk was ‘n leier wat bakens versit het deur Nelson Mandela vry te laat en met Madiba saam te werk om apartheid tot ‘n val te bring. Intussen het die EFF aangedui die party is […]
N$120m toelaag om paaie in Whk te beveilig - November 12, 2021
Die Windhoekse burgemeester, Job Amupanda, het aangekondig dat Stad Windhoek ‘n toelaag van sowat 120 miljoen Namibiese dollar van die Duitse ontwikkelingsbank, KFW Bank, ontvang het. Dit gaan aangewend word vir volhoubare stedelike mobiliteit. Amupanda sê Windhoek se paaie gaan veilig gemaak word en die stad gaan met fietsrylane spog.
Wonderful a Glucose Baby? - November 12, 2021
The term “sugar baby” is needed in various approaches to describe a young woman who’s supported monetarily by a prosperous man. This person may be in what is a sugar daddy a relationship with another person, but they are both looking for companionship and financial protection. There are many people that fall victim to the […]
Godongwana sê geldkrane is toe vir ondernemings in staatsbesit - November 11, 2021
Die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Enoch Godongwana, sê die regering sal nie meer ondernemings in staatsbesit finansieel bystaan nie. Godongwana het vandag bevestig dat dié fonteintjie nou opgedroog het vir staatsondernemings wat jaarliks mirljarde rand in bystand ontvang om hul begrotings te laat klop. Ons korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …
Ekonoom verduidelik stygings in Verbruikersprysindeks van Oktober - November 11, 2021
Volgens die Verbruikersprysindeks het die jaarlikse inflasiekoers vir goedere met 4,5 persent in Oktober 2021 gestyg, vergeleke met 3,3 persent in Oktober 2020. Die jaarlikse inflasiekoers vir dienste het in Oktober 2021 met 2,4 persent gestyg, vergeleke met 0,9 persent in Oktober 2020. Jason Kasuto, die besturende direkteur van Monasa Advisory and Associates, verduidelik die […]
Kaza gaan volgende jaar olifantsensus doen - November 11, 2021
Die Kavango-Zambezi Oorgrensbewaringsgebied, Kaza, gaan volgende jaar met sy olifant-lugopname begin om te bepaal hoe groot die olifantbevolking in die gebied is. Die regerings van Namibië, Botswana, Angola, Zambië en Zimbabwe,wat deel is van Kaza, gaan in Julie 2022 met die lugopname begin wat vir vier maande gaan duur. Volgens ‘n verklaring van Kaza gaan […]
Vier ministeries het nog nie lede by Psemas geherregistreer - November 11, 2021
Die staat se mediese fonds, Psemas, is besig om te herstruktureer om die skema meer volhoubaar te maak. Die ministerie van finansies is besig om kort en medium termyn hervormings te implementeer. Van die kort termyn hervormings sluit in die herregistrasie van lede en hul afhanklikes. Die herregistrasie het ten doel om die lidmaatskap-bestuurstelsel te […]
Verdedigingsminister: Geen diskriminasie teen veterane - November 11, 2021
Die Namibiese verdedigingsminister, Frans Kapofi, is vandag in die Nasionale Vergadering gevraa waarom teen veterane gediskrimineer word en hulle nie betaal word nie. Kapofi het gesê dit is nie die geval en diengene wat nie betalings ontvang het nie, voldoen nie aan die kriteria nie.