
Britte oorweeg spesiale wette na troeteldierdiefstal toeneem - November 19, 2021
Die Britse regering beplan om wetgewing in te stel om die diefstal van troeteldiere hok te slaan ná ‘n toename in hierdie misdaad. Die nuwe verordening, wat tronkstraf van tot vyf jaar insluit, sal deel vorm van die Wetsontwerp op Troeteldiere wat tans in die Laerhuis oorweeg word nadat die regering se troeteldier-diefstal-taakspan in September […]
Staat vra om te appelleer teen psigiater se kwytskelding - November 19, 2021
Die Staat sal vanoggend om nege-uur vir hoërhof regter Eileen Rakow vir verlof tot appèl vra in die saak waar die Swakopmund psigiater dr. Pieter van der Westhuizen kwytgeskeld is op klagte van verkragting, onsedelike aanranding, poging tot moord en meer. Rakow het hom op 4 Augustus vrygespreek op al die klagte teen hom. Een […]
Ekonoom sê oor MTC se notering vandag - November 19, 2021
‘n Ekonoom gee sy mening oor Namibië se mobiele telekommunikasie-maatskappy, MTC, wat vanoggend om nege-uur amptelik sy aandele op die Namibiese Aandelebeurs gaan noteer. Ekonoom en navorser Gabriel Erastus verduidelik dat daar sterk kompetisie tussen die MTC-aandele en die regering se skuldbriewe oor watter een die beter beleggingsopbrengs sal lewer. MTC het net meer as […]
Groot kleinhandelstaking begin vandag in SA - November 19, 2021
Lede van die Suid-Afrikaanse vakbond Saccawu het met ‘n onbepaalde landwye staking by die Massmart-groep begin. Massmart besit die Makro-, Game-, Builders Warehouse-, Rhino Cash and Carry-, Jumbo Wholesale- en Shield-winkels. Die vakbond se griewe handel oor onder meer salarisse, afleggings en werksomstandighede. Die vakbond se adjunk-sekretaris-generaal, Mduduzi Mbongwe, sê die groep se bestuur het […]
Switserse hof bevind (tydelik) vir Caster - November 19, 2021
Die federale hooggeregshof van Switserland het die bevinding dat Caster Semenya haar testosteroonvlakke moet afbring om in die 400- en 800 meter te kan deelneem ter syde gestel tot Wêreld Atletiek insette lewer. Die reël is deur die hof vir arbitrasie in sport daargestel en het ook ‘n impak gehad op die twee Namibiese atlete […]
Jooste tree af, Shiimi kry openbare ondernemings - November 19, 2021
Leon Jooste, die Namibiese minister van staatsondernemings gaan uit die politiek tree. Jooste het sedert 2015 onverpoos gewerk het om die staatsonderneming-landskap in Namibië ter wille van groter deursigtigheid en verantwoordbaarheid te verander. Dié ministerie gaan ’n departement in die ministerie van finansies word.
Capu help mense om hul diere te steriliseer, kastreer - November 18, 2021
Die Civilian Animal Protection Unit, Capu, hou ‘n veldtog om mense te help om hul troeteldiere te steriliseer en kastreer. Altesaam 1 200 lootjiekaartjies is teen 50 Namibiese dollar beskikbaar. Groot pryse kan gewen word en die trekking vind op 29 Januarie plaas. Kaartjies is beskikbaar by Ester Kunert by Kunert Signs. Die stigter van […]
Aktrise Lizz Meiring staan aan spits van veldtog om boere te help - November 18, 2021
Die Suid-Afrikaanse aktrise Lizz Meiring staan aan die spits van ‘n nuwe veldtog om dit moontlik te maak om in Januarie 3 000 ton dierevoer aan boere te voorsien. Sy reël die Reën-veldtog saam met die organisasie We Are South Africans en hulle maatskappy sonder winsbejag. Meiring se idee is dat plaaswinkels 50 rand van […]
Man wie se liggaam in dreinpyp in Katutura gevind is, geïdentifiseer - November 18, 2021
Die man wie se liggaam Maandag in ‘n dreinpyp in ‘n rivierbedding in Katutura ontdek is, is deur ‘n familielid geïdentifiseer as die 58-jarige Erastus Panduleni Lenga. Sy liggaam is tussen Namcol se Jetu Jama-sentrum en Namibia Primêre Skool gevind nadat Stad Windhoek ‘n verstopte dreinpyp vroeër dié dag ondersoek het.
Tweede persoon in VSA doen dodelike aapvirus op - November 18, 2021
‘n Tweede persoon in Amerika het die seldsame, maar hoogs aansteeklike aapvirus opgedoen, wat aan dieselfde genus behoort as pokke. ‘n Man van Maryland wat van Nigerië teruggekeer het, is positief getoets. Die virus kan dodelik wees.