
SA se ramptoestand duur voort tot 15 Desember - November 25, 2021
Die minister in die Presidensie in Suid-Afrika, Mondli Gungubele, het aangekondig dat die kabinet die verlenging van die nasionale ramptoestand tot 15 Desember goedgekeur het. Hy het die nasie toegespreek oor die besluite van die kabinetsvergadering wat gister plaasgevind het. Gungubele sê die maatreëls gaan voort om die land te help in die stryd teen […]
Man dood na olifant-aanval in Bwabwata - November 25, 2021
‘n Khwe-man, die 71-jarige Matala Mafuta, is dood na ‘n olifant-aanval by die Omega 3-basis in die Bwabwata Nasionale Park. Hy was gisteroggend omstreeks halftien op pad na die landerye, sowat 800 meter suid van Omega 3, toe die olifant hom aangeval het. Mense het sy gille gehoor en na die toneel gehardloop, maar dit was te laat. Sy familie sal […]
Ministerie ent 95% van bees teen bek- en klouseer - November 25, 2021
Inentings vorder baie goed teen bek- en klouseer in die Zambezi-streek. Die landbouministerie het vroeër aangekondig dat die siekte, serotipe-0, ‘n nuwe vorm van die siekte is wat vanaf Tanzanië afkomstig is. Net meer as 95 persent van al die geteikende diere is reeds ingespuit. Dr. Albertina Shikongo, direkteur van veeartsenydienste in die ministerie…
Meer as Opul en Biden wat olieprys bepaal - November 25, 2021
Internasionale energiekenners meen dat die stappe wat deur die Amerikaanse President Joe Biden geneem is om olie-reserwes vry te stel en sodoende die olieprys en inflasie af te bring, bewys weer eens dat Opul nie die hef in die hand het met die olieprys nie. Intussen het Opul teruggeslaan en gesê hy sal sy moontlike […]
Creecy vra vir transformasie in jag, bewaring - November 25, 2021
Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister Barbara Creecy, het ‘n beroep op jagters en bewaringsbewustes in die buurland gedoen om met opkomende boere saam te werk ten einde die jag- en bewaringsbedryf te transformeer. Sy wil ook hê hulle moet hulp aan nuwelinge in die bedryf verskaf om hulle ondernemings volgens gesonde ekologiese beginsels te bestuur. Sy was […]
Wynbedryf vergader vroeg in 2022 - November 25, 2021
Suid-Afrikaanse wyn-ondernemings sal aan die begin van volgende jaar byeenkom om die stand van die bedryf te bepaal. Hulle sal ook planne beraam om hulleself toe te rus met insig om in die jaar wat voorlê die bedryf te laat herleef, te herstel en te herbou. Die wynbemarkingsmaatskappy Vinpro se besturende direkteur, Rico Basson, sê […]
Steeds ‘nee’ vir ivermektien - November 25, 2021
Die Namibiese Medisyne Beheerraad het weer beklemtoon dat daar geen bewyse is dat ivermektien ‘n doeltreffende behandeling vir Covid-9 is nie. Volgens die raad se registrateur Johannes Gaeseb, is daar selfs ook navorsing wat aangedui het dat dit moontlik kan werk, deur die navorsers teruggetrek.
Pulmonoloog Bruwer bevestig nuwe variant in SA - November 25, 2021
Die plaaslike pulmonoloog dr. Willie Bruwer het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat ‘n nuwe, sogenaamde ‘super-variant’ van Covid in Suid-Afrika, Botswana en Hongkong bevestig is. Die B.1.1.529-variant het verskeie mutasies. Dr. Bruwer het dit so verwoord.
Kenner sê oor skielike eer aan Shixwameni - November 25, 2021
Die regering, en spesifiek Swapo, loop deur onder kritiek dat hulle ewe skielik alle eer aan die oorlede APP-stigter Ignatius Shixwameni na sy afsterwe betoon maar, hom geïgnoreer het terwyl hy gelewe het. Geingob het vanoggend ook sy staatsbegrafnis in Rundu bygewoon. Shixwameni was baie aktief tydens die vryheidstryd, veral met studente-aangeleenthede. Die politieke ontleder […]
EU verbied gifstowwe, maar vervaardig en verkoop dit elders - November 25, 2021
Berigte lui dat die Europese Unie steeds toksiese insekdoders vervaardig om buite sy grense te verkoop, veral aan Afrika-lande, al is die produkte verbied op die Europese vasteland. Yanna Smith het die besonderhede…