Mashaba sê Mkhwebane is verkeerd - November 1, 2021

Die president van ActionSA, Herman Mashaba, het aansoek gedoen vir die hersiening van die buurland se Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se bevindings teen hom, wat hy as foutief beskryf. Hy sê die geval is gegrond op ‘n naamlose klagte deur die ANC toe hy burgemeester van Johannesburg was. Mashaba beweer dat Mkhwebane haar wesenlik misplaas […]

Read More

Verbod op pluimvee vanaf Nederland, Duitsland - November 1, 2021

Die Namibiese landbouministerie het alle invoere van lewende pluimvee, voëls, rou hoenderprodukte en volstruisprodukte vanaf Duitsland en Nederland opgeskort na ‘n uitbreking van voëlgriep. Die opskorting geld vanaf 1 Oktober vir Duitse produkte en vanaf 5 Oktober vir Hollandse produkte. Jona Musheko, woordvoerder van die ministerie…

Read More

Springbok-vroue sien uit na Europa - November 1, 2021

Die Springbok-vrouespeler, Lusanda Dumke, sê die groep wat vir die Europese toer gekies is, vorm ‘n goeie mengsel van ervaring en jeug, en die keuse skep ‘n lekker atmosfeer en baie energie. Die span sal in die komende weke teen Frankryk, Wallis en Engeland te staan kom. Dumke sê hulle is almal baie bly oor […]

Read More

Korridors is nodig vir olifante - November 1, 2021

Die Namibiese omgewingministerie sê korridors is uiters belangrik vir die bewaring van olifante, en voorkoming van konflik in Namibië. Die benutting van landskappe deur wilde diere, en menslike nedersettings, verander gereeld en veroorsaak die fragmentasie van die bevolking. Die ministerie sê dit is noodsaaklik dat die diere toegang kry tot verskillende habitatte en dus is […]

Read More

Djokovic is reg vir Parys - November 1, 2021

Die wêreld se nommer een speler, Novak Djokovic, sê hy is opgewonde om weer hierdie week in die Parys-meesterstoernooi te kan speel. Die Serwiër sal vir die eerste keer weer aan ‘n toernooi deelneem sedert sy nederlaag in die Amerikaanse Ope teen Daniil Medvedev. Djokovic, wat die titel in Parys reeds vyf keer gewen het, […]

Read More

Maja-kano opgediep in Mexiko - November 1, 2021

‘n Hout-kano wat glo meer as ‘n 1 000 jaar oud is, is in die suide van Mexiko opgediep. Die land se oudhede-instituut sê die 1,6 meter lange kano is waarskynlik deur die mense van die antieke Maja-kultuur gebruik. Dit is gevind tydens argeologiese opgrawings wat saamgaan met die bou van ‘n groot nuwe toerisme-spoorwegprojek. […]

Read More

Eskom leen miljoene - November 1, 2021

Die direksie van die African Development Bank het ‘n lening van 57,67 miljoen Amerikaanse dollar aan Eskom goedgekeur om battery bergingstegnologie te benut vir elektrisiteitsopwekking vanaf betroubare en doeltreffende hernubare energiebronne. Die bank se finansiering, ‘n konsessielening, sal van die Skoon Tegnologiefonds kom, ‘n multi-skenkertrustfonds onder die Klimaatbeleggingsfondse. Die baanbreker Battery Energy Storage Systems Project […]

Read More

Eiendomspryse: jou bate kan nou ‘n negatiewe bate wees - November 1, 2021

Verskeie analiste meen dat eiendom binnekort ‘n negatiewe bate kan word met verskeie eienaars wat op die oomblik paaiemente betaal wat hoër is as die markwaarde van die eiendom. Terwyl eiendom altyd ‘n goeie belegging is, het die huidige ekonomiese klimaat, veroorsaak onder andere, deur Covid, ‘n baie groot impak op die waarde van eiendom […]

Read More

Dankie vir julle ondersteuning aan die Eagles - November 1, 2021

Die president van Krieket Namibië Rudie van Vuuren het Namibiërs bedank vir hulle voortgesette ondersteuning van die Eagles in Abu Dhabi by die T20-Wêreldbeker. Hy en die hoof uitvoerende beampte Johan Muller vertrek vandag na Dubai. Hy sê die Eagles betree nou die moeilikste deel van hulle sege…

Read More

Regulasies moet nie heeltemal verslap word nie - November 1, 2021

Met die Covid-getalle wat in sommige lande in Europa toeneem, is dit volgens kundiges van groot belang dat Namibië nie sy regulasies heeltemal verslap nie, aangesien dinge enige tyd kan verander. Dit is nog nie bekend wanneer ons ‘n vierde vlaag van Covid-19 kan verwag nie. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur by die Namibiese gesondheidsministerie.

Read More