
Tafeldruiwe uit Limpopo gereed vir markte - November 3, 2021
Die eerste tafeldruiwe uit Limpopo is hierdie week verwerk en dit lei die begin van Suid-Afrika se 2021/2022-tafeldruifseisoen in. Volgens FreshPlaza.com word ‘n oes van tussen 7,7 miljoen en 8,3 miljoen kartonne van 4,5 kilogram elk verwag uit die Loskop-vallei in Limpopo. Die vroegste druiwe word plaaslik in winkels en op markte verkoop waar ingevoerde druiwe […]
Ten volle ingeënte Suid-Afrikaners was meer geneig om te stem - November 3, 2021
Suid-Afrikaners wat ten volle ingeënt is, was meer geneig om gister te stem. Dit is die bevinding ná ‘n opname wat die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing gedoen het. Hulle het onderhoude gevoer met 1 200 mense by drie-honderd stemlokale in alle provinsies. Volgens die RGN is 68 persent van die kiesers ingeënt. Dit is hoër […]
Meer spasie vir Thula Thula se olifante - November 3, 2021
Die privaat Thula Thula-wildreservaat in KwaZulu-Natal en ‘n gemeenskapsforum het ooreengekom om hulle grond beskikbaar te stel sodat die wêreldbekende olifante van Thula Thula meer beweegruimte kan hê. Die reservaat se eienaar, Francoise Anthony, sê ná die ondertekening van ‘n huurooreenkoms sal ‘n heining opgerig word en olifante sal binnekort op Cebekhulu-grond wei:
Armoede, tekort aan geleenthede dra by tot korrupsie - November 3, 2021
Die VN se kantoor vir dwelms en misdaad het ‘n nuwe beleidsdokument op korrupsie bekend gestel. Die VN sê korrupsie verinneweer menseregte en het ‘n groter impak op gemarginaliseerde groepe. Die direkteur-generaal van die Namibiese Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa, stem saam. Hy voeg by armoede en ‘n tekort aan geleenthede dryf korrupsie aan.
Kandjeke gesels oor toestande by plaaslike owerhede - November 3, 2021
Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het groot uitdagings met oudits van plaaslike owerhede wat gereeld ongerymdhede toon. Kosmos 94.1 Nuus het met hom gesels oor hoe die nuwe partye, wat onlangs oorgeneem het by verskeie plaaslike owerhede tot dusver gevaar het.
Cyril gesels met Mswati oor sekuriteit - November 3, 2021
Die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa en koning Mswati van Eswatini gaan saamwerk om ‘n nasionale dialoogforum in die buurland te vestig ten einde die wydverspreide versetoptrede op te los. Ramaphosa is die huidige voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se sekerheidstruktuur. Die twee leiers het vergader om die situasie in Eswatini te bespreek. Berigte lui daar […]
SACU, BRICS vat meeste uitvoere - November 3, 2021
Die Namibiese Statistieke Agentskap het die handelstatistiek vir September vanjaar bekend gemaak. In terme van ekonomiese gebiede was die Suider-Afrikaanse Doeane-unie, bekend as SACU, en die BRICS lande die grootste ontvangers van Namibiese uitvoere met elk 34,9 persent van die totaal. Die EU het 10,1 persent van uitvoere ontvang en ander Afrika-lande, 9,3 persent. Die […]
NamWater berei damme voor vir die reënseisoen - November 3, 2021
NamWater berei tans voor vir die komende reënseisoen. Volgens Abraham Nehemia, NamWater se uitvoerende hoof, is werk hul onderhoudspan tans in die Suide by die Naute- en Neckartaldamme. Hulle sal binnekort na Windhoek terugkeer om onderhoudswerk aan die sentrale damme te doen.
Klimaat: mielie-verbouing sal nie so erg soos koring geraak word nie - November 3, 2021
Wêreldwye mielie-opbrengste kan in die volgende agt jaar met byna 25 persent daal, aangesien die klimaatkrisis tradisionele weerpatrone omver gooi. Stygende temperature en verskuiwings in reënval sal dit moeiliker maak om mielies te verbou. Volgens Ian Collard, hoof van die NMI-groep sal mielies nie die ergste geraak word nie. Hy meen dis eerder koring…
Nog ‘n brandstofverhoging in Desember voorspel - November 3, 2021
Ekonome voorspel nóg ‘n brandstofprysstyging voor die einde van die jaar. Vir die afgelope maande is talle brandstofprysverhogings ervaar, maar die publiek hoop dat brandstofpryse weer sal daal of geensins sal styg nie. Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence sê dit is ‘n realiteit dat brandstofpryse sal styg.