
Fishrot-beskuldigde Nigel van Wyk onttrek borgaansoek - December 6, 2021
Een van die Fishrot-beskuldigdes Nigel van Wyk het sy borgtogaansoek in die Windhoekse hoërhof onttrek. Sy regspan het gevra dat Van Wyk se borgtogaansoek van die hofrol verwyder moet word. Volgens sy regsverteenwoordiger, Jermaine Muchali, sal ‘n nuwe borgaansoek volgende jaar ingedien word.
Omgewingsgroepe betoog teen Shell se seismiese toetse - December 6, 2021
Omgewingbewaringsgroepe en bekommerde Suid-Afrikaners betoog op talle strande teen die olie-en-gasmaatskappy, Shell, se planne om seismiese toetse vir olie-ontginning aan die Wildekus te doen. Die hooggeregshof in Makhanda in die Oos-Kaap het Vrydag omgewingsbewustes se aansoek dat die oliereus ophou om seismiese toetse vir olie-ontginning aan dié oostelike kusstreek uit te voer, van die hand […]
Kommer oor Afrika-handel in Chinese tradisionele medisyne - December 6, 2021
Die Omgewingsondersoek-agentskap wat in Londen gebaseer is, doen ‘n beroep op Afrika-regerings om te keer dat plaaslike vervaardigers en handelaars handel dryf met tradisionele Chinese medisyne wat bedreigde spesies bevat. Ceres Kam van die agentskap sê hulle verstaan dat tradisionele medisyne ‘n belangrike deel van baie kulture is en ‘n belangrike rol speel in gesondheidsorg […]
KwaZulu-Natal betree amptelik vierde Covid-vlaag - December 6, 2021
Die premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê die provinsie het nou amptelik die Covid-19 vierde vlaag betree. Hy sê die afgelope sewe dae het die aantal daaglikse gevalle teen ‘n kommerwekkende tempo toegeneem. Die provinsie registreer sedert 26 November reeds meer as 100 gevalle per dag. Zikalala sê planne is in plek om die verdere […]
Versoek dat Gautengse skole vroeër moet sluit - December 6, 2021
Die Gautengse departement van onderwys moet oorweeg om skole vroeër te sluit te midde van die vierde Covid-vlaag. Dit is die mening van die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta. Gauteng het die afgelope tyd ‘n skerp styging beleef wat aangevuur word deur die nuwe Omikron-variant. Makaneta sê ‘n vroeë sluiting sal die kwesbare onderwysers en ondersteuningspersoneel tydens […]
Geingob vra waarom Namibiërs weier om ingeënt te word - December 6, 2021
President Hage Geingob sê Namibiërs is nie verantwoordelik nie en weier om geënt te word. Hy sê daar word maatreëls teen sulke mense in ander dele van die wêreld ingestel, selfs in Botswana. Hy sê dis onaanvaarbaar dat mense weier om ingeënt te word en 150 000 dosisse entstowwe in Namibië vernietig moet word.
Voormalige leier van Mianmar tot vier jaar tronkstraf gevonnis - December 6, 2021
Die voormalige leier van Mianmar, Aung San Suu Kyi, is tot vier jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is op aanklagte van aanhitsing en die oortreding van Covid-reëls onder ‘n wet op natuurrampe. Die 76-jarige oudleier wat sedert 1 Februarie in aanhouding was ná ‘n militêre staatsgreep, staar 11 aanklagte in die gesig. Amnestie […]
Praatjies oor uraanontginning gekanselleer - December 6, 2021
Die praatjies vandag en môre oor die Stampriet Akwifeer Uraanmynbou-komitee van die bekende geoloog, dr. Roy Miller, ‘n spesialis op dié gebied, is gekanselleer. Groot kommer heers oor die impak van die uraan-ontginning op ondergrondse waterbronne in die Stampriet artetiese kom. Miller sou vanmiddag die publiek by die Stampriet-boerevernigingsaal toespreek en môreoggend by Aranos se […]
Omikron versprei vinnig, maar dalk minder gevaarlik - December 6, 2021
Alhoewel die Covid-19 Omikron-variant vinnig versprei, is daar vroeë aanduidings dat dit minder gevaarlik is as die Delta-variant, volgens Amerika se voorste kenner van aansteeklike siektes, Anthony Fauci. Gevalle van die Omikron-variant is tot dusver in sowat 40 lande aangeteken. Fauci het gesê wetenskaplikes het meer inligting nodig voordat hulle gevolgtrekkings maak oor Omikron se […]
Namibiese arbeidsministerie stel Nasionale Beroepsveiligheid- en Gesondheidsbeleid bekend - December 6, 2021
Die Namibiese arbeidsministerie gaan vandag die Nasionale Beroepsveiligheid- en Gesondheidsbeleid bekend stel. Dit sal as raamwerk dien om die huidige situasie van beroepsveiligheid en –gesondheid in Namibië te verbeter. Die ministerie het ook die Wetlike Gaping Analise-verslag voltooi wat inligting oor gapings tussen bestaande nasionale wette, regulasies, beleide en programme en internasionale protokolle verskaf. Aune […]