Unicef waarsku Oos-Afrika kinders in groot gevaar

Unicef in Oos- en Suider-Afrika soek dringend befondsing van 25 miljard Namibiese dollar vir sy humanitêre hulpprogam in 2024. Langdurige droogtes en bo-normale reënval in dele van Kenia en Somalië het meer as 6,4 miljoen kinders aan wanvoeding en siektes blootgestel. Die streekdirekteur van Unicef, Etleva Kadilli, waarsku 45 miljoen kinders in die streek is in gevaar. Die fonds teiken die voorkoming en behandeling van siektes, toegang tot veilige drinkwater en sanitasie, die verskaffing van gehalte-onderwys en die voorkoming van geslagsgeweld.