
Taxi- en bustariewe styg - December 1, 2021
Openbare vervoertariewe vir passasiers van busse en taxi’s het vandag met 9,2% verhoog. Taxi’s in Windhoek vra nou 13 Namibiese dollar per enkelrit en dubbeld soveel vanaf ‘n taxi-staanplek tot by ‘n woonbuurt. Volgens die Namibiese Bus- en Taxi-vereniging, Nabta, se nasionale sekretaris-generaal Pendapala Nakathing sal die nuwe bustariewe binnekort bekend gemaak word.
Klein sake-ondernemings wag steeds op uitbetalings van herbouingsfonds - December 1, 2021
Die Demokratiese Alliansie sê hy is baie teleurgesteld dat die Gautengse Ontwikkelingsdryfkrag nog net twee miljoen rand toegeken het van die 100 miljoen rand wat vir die herbouingsfonds beskikbaar gestel is. Dis bestem om klein sakeondernemings te help wat geraak is deur die onrus in Julie en die Covid-inperking. Makashule Gana van die DA sê […]
KwaZulu-Natal se veiligheidspla duur tot einde Desember - December 1, 2021
En KwaZulu-Natal se premier, Sihle Zikalala, sê die provinsiale geïntegreerde veiligheidsplan vir die feestyd sal tot die einde van volgende maand van krag wees. Die plan fokus op groter polisie-sigbaarheid in die provinsie. Zikalala sê hierdie omvattende veiligheidsplan is ontwikkel in samewerking met die provinsiale misdaadvoorkoming- en veiligheidsgroepering
Hulp nodig by brand by Onjala en Kivo Lodges - December 1, 2021
Dringende hulp is nodig om verwoestende veldbrand in die omgewing van Onjala en Kivo Lodges te help beveg. Velet de Jager sê die brand is op die pad verby Onjala en Kivo Lodges met sowat 14 plase wat al afgebrand het. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus die vlamme is sowat drie tot vyf meter […]
Nasionale Voedsel- en Voedingsbeleid môre bekend gestel - December 1, 2021
Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila stuur môre die Nasionale Voedsel en Voedingsbeleid van stapel. Dit sal plaasvind by die Nakalega-besproeiingsprojek in die Oshana-streek met die tema “hande vat vir bekostigbare, gesonde en voedsame plaaslik geproduseerde kos”. Die regering en ontwikkelingsvennote het die beleid hersien en ‘n implementeringsplan ontwikkel. Die woordvoerder van die eerste minister, […]
Hochfeld-inwoners het ook hulp nodig met brand - December 1, 2021
Nóg ‘n verwoestende veldbrand woed in die omgewing van Hochfeld. Die brandbestryders wat tans help, het nie meer kos, water of brandstof nie. Inwoners in die gebied doen ‘n dringende beroep op die publiek om te kom help. Kontak Esmarie Kotze by 081 240 7117.
Ballito Rage-fees gekanselleer - December 1, 2021
Die Ballito Rage-fees vir matrieks in KwaZulu-Natal is gekanselleer. Die organiseerders sê hulle het die besluit geneem nadat 32 gaste en vier personeellede positief getoets het vir Covid-19. Hulle het ‘n gesamentlike besluit geneem ná voorligting en samesprekings met die plaaslike en provinsiale departemente van gesondheid en ander betrokkenes. Die departement van gesondheid was op die […]
Eksamenuitslae van graad 11’s, 12’s dalk laat weens uitlek van vraestelle - December 1, 2021
Die Namibiese onderwysministerie sê eksamenuitslae van graad 11- en 12-leerders sal moontlik laat vrygestel word weens die uitlek van hul vraestelle. Die drie sake is aanhangig gemaak, waarvan twee op Ongwediva en een op Ondangwa, en tien verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem. Die agt Namibiese verdagtes is op borgtog vrygelaat en die twee buitelandse burgers bly in aanhouding. Die uitlek van die vraestelle het daartoe gelei dat staatskole vroeër moet sluit.
Namibiese mynbedryf se toekoms lyk positief - December 1, 2021
Oktober 2021 se bankstatistieke van die Bank van Namibië het aan die lig gebring dat die algehele likiditeitsposisie van die bankbedryf gedurende Oktober 2021 toegeneem het. Die bedryf se kontantsaldo was aan die einde van Oktober 2021 gemiddeld 2,2 miljard Namibiese dollar, ‘n toename vanaf 1,4 miljard Namibiese dollar wat in die vorige maand aangemeld […]
Ballito Rage-fees is gekanselleer - December 1, 2021
Die Ballito Rage-fees vir matrieks in KwaZulu-Natal is gekanselleer. Die organiseerders sê hulle het die besluit geneem nadat 32 gaste en vier personeellede positief getoets het vir Covid-19. Hulle het ‘n gesamentlike besluit geneem ná voorligting en samesprekings met die plaaslike en provinsiale departemente van gesondheid en ander betrokkenes. Die departement van gesondheid was op die […]