Olaf Scholz is nuwe Duitse bondskanselier - December 8, 2021

Die Duitse federale parlement het Olaf Scholz vandag amptelik tot die nuwe bondskanselier van die land verkies. Scholz van die Sosiaal-Demokratiese Party wat in ‘n koalisieregering met die Groenparty en die Vrye Demokratiese Party is, sal nou amptelik die leisels in die Bundestag oorneem by die konserwatiewe leier Angela Merkel, wat na 16 jaar opsystaan. […]

Read More

Geen besoekers by Katutura-staatshospitaal toegelaat - December 8, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het ‘n mediaverklaring gesê weens die styging in positiewe Covid-gevalle, sal geen besoekers by pasiënte in die Katutura-staatshospitaal in Windhoek toegelaat word nie. Dit geld sedert gister tot verdere kennisgewing.

Read More

Suid-Afrikaanse Lugmag se Gripen-vegvliegtuie tydelik gehok - December 8, 2021

Die Suid-Afrikaanse Lugmag se Gripen-vegvliegtuie is glo tydelik gehok weens ‘n gebrek aan befondsing en instandhouding, en ondersteuningskontrakte wat nie betyds hernu is nie. Volgens defenceWeb het ‘n befondsingskrisis wat die lugmag raak, ook veroorsaak dat die diensbaarheid van ander vliegtuie, insluitend Oryx-helikopters en Hercules-vervoervliegtuie, afgeneem het. Die departement van verdediging het bevestig deurlopende samesprekings […]

Read More

George vra noodbefondsing na vloede - December 8, 2021

Die munisipaliteit van George het noodbefondsing ten bedrae van 750 miljoen rand aangevra ná die verwoestende vloede wat 800 verarmde gesinne in ‘n desperate situasie laat beland het. Twee weke terug het 148 millimeter reën klinieke, skole en sake-ondernemings gedwing om tydelik te sluit. Die openbare busstelsel in George is ook geraak weens strate wat […]

Read More

Stad Tshwane sal onbesette grond verder monitor - December 8, 2021

Die Stad Tshwane sal onbesette grond verder monitor om onwettige besettings in die stad hok te slaan. ‘n Woordvoerder van die Stad, Sipho Stuurman, sê grondbesettings op private of openbare grond steel die eiendomsregte van alle inwoners. Hy voeg by dat inwoners aangemoedig word om besettings by die Tshwane-metropolisie aan te meld.

Read More

Drie mans sterf by Ongos Valley-bouterrein - December 8, 2021

Drie mans het hul lewens by Ongos Valley se bouterrein, noordwes van Windhoek, in ‘n werkverwante ongeluk verloor. Volgens die Namibiese polisie se bevelvoerder in die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson, was die mans besig om aan die dreinstelsel te werk, toe een van hulle ingeval het. Die ander twee het probeer om hom te red […]

Read More

Capricorn-stigting fokus op onderwys - December 8, 2021

Een van die hooffokusgebiede van die Capricorn-stigting is onderwys. Daarom ondersteun die stigting die Amos Meerkat Sillabus-projek met 300 000 Namibiese dollar. Die projek rus informele pre-primêre skole op plase en plaasgemeenskappe in afgeleë gebiede in Namibië toe met ‘n geskikte kurrikulum en onderrighulpmiddels om kinders van vyf tot ses jaar oud skoolgereed vir Graad […]

Read More

Handelstekort neem in Oktober met 59,3% toe - December 8, 2021

Die handelstekort het in Oktober met 59,3 persent toegeneem aangesien Namibië ‘n handelstekort van 4,4 miljard Namibiese dollar in Oktober 2020 aangeteken het, volgens die jongste Handelstatistiek-bulletin wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is. Vir die jaar tot dusver het Namibië gemiddeld ‘n maandelikse handelstekort van 2,7 miljard Namibiese dollar gehad. Die waarde van uitvoere het […]

Read More

Uitsettingsbevel teen onwettige besetters by SuperSport Park in Centurion - December 8, 2021

Die Stad Tshwane en die eienaar van private eiendom het ‘n uitsettingsbevel teen onwettige besetters naby SuperSport Park suksesvol uitgevoer. Die eiendom in private besit is beset en deur verskeie individue vir informele vullisherwinning gebruik. ‘n Woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê die besetters van die perseel is intussen verwyder, en die eienaar het […]

Read More

Eksamens van uitgelekte vraestelle sal herskryf word - December 8, 2021

Ná die drama oor die uitgelekte vraestelle van eksamens van gewone vlak graad 11’s en graad 12’s, het die Namibiese onderwysministerie bevestig dat die eksamens wel in Januarie herskryf moet word. Daar was versoeke dat die eksamens nie herskryf moet word nie, veral uit geledere van privaatskole, maar die adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie, […]

Read More