
Namibiese ekonoom gee sy reaksie op handelstekort van Oktober - December 8, 2021
‘n Namibiese ekonoom reageer op die handelstekort wat in Oktober met 59,3 persent toegeneem het. Volgens die jongste Handelstatistiek-bulletin wat deur die Namibiese Statistieke-agentskap vrygestel is, het Namibië ‘n handelstekort van 4,4 miljard Namibiese dollar in Oktober 2020 aangeteken. Die waarde van uitvoere het in Oktober met 5,8 persent tot 8,3 miljard dollar gestyg en […]
Tennis - December 8, 2021
Andy Murray het bevestig hy sal volgende jaar sy opmars na Wimbledon afskop met ‘n toernooi in Stuttgart. Die driemalige Grand Slam-wenner sal sy eerste verskyning in die ATP 250-toernooi in Duitsland maak wat die begin van sy grasbaanseisoen sal wees. Dit duur vannaf 6 tot 12 Junie. Murray sal na verwagting van 13 tot […]
Ekonomiese kenner: Moenie leen om met vakansie te gaan - December 8, 2021
Namibiërs wil graag met vakansie gaan, maar talle kan dit nie bekostig nie. Sommige kwalifiseer nie vir lenings by kommersiële banke nie en wend hulle dan tot mikroleners. Skuld by mikroleners moet binne ‘n maand ten volle teen ‘n rentekoers van 30 persent vereffen word. Die jongste Namfisa-verslag dui aan dat die kumulatiewe aantal huishoudelike […]
Nampol-hoof: Moenie reg in eie hande neem - December 8, 2021
Tydens die feesseisoen styg misdaad regoor die land. In sommige gevalle wag die slagoffers wat misdaad aangemeld het te lank vir die polisie en neem die reg in eie hande. Namibiese polisiehoof luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga sê aan Kosmos 94. 1 Nuus alhoewel hy die frustrasies van Namibiërs verstaan wat slagoffers van misdaad is, doen hy […]
Tasa: Maatreëls by SA grensposte bly onveranderd - December 8, 2021
Die ontdekking van Covid-19 se Omikron-variant in Suid-Afrika, het lande wêreldwyd op hul hoede geplaas. Verskeie lande het ‘n reisverbod op Suider-Afrikaanse lande geplaas, Namibië ingesluit. Zimbabwe en Angola het ook hul grense gesluit. Namibiërs kan steeds na Suid-Afrika reis en moet ‘n negatiewe Covid-PCR-toets nie ouer as drie dae by grensposte toon. Volgens Nathaly […]
Vrystaat belê R42 miljoen in jeugontwikkeling - December 8, 2021
Die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, het onverbiddelik gewerk om ‘n vaste grondslag te lê vir ekonomiese groei, gapings in vaardighede te verminder, en ‘n omgewing te skep waarin sake-ondernemings kan groei. Die provinsiale regering het ‘n vennootskap vir die ontwikkeling van vaardighede gesluit met die vervaardiging-, ingenieurs- en verwante dienste en opleidingsgesag. Die […]
Namibiese repokoers bly onveranderd - December 8, 2021
Die Bank van Namibië het aangekondig dat sy repokoers van 3,75 persent onveranderd sal bly. Dit beteken dat die prima-uitleenkoers van kommersiële banke ook op 7,5 persent sal bly. ‘n Namibiese ekonoom, Gabriel Erastus, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy het verwag dat die repokoers onveranderd sal bly.
Namibiese repokoers bly onveranderd - December 8, 2021
Die Bank van Namibië het aangekondig dat sy repokoers van 3,75 persent onveranderd sal bly. Dit beteken dat die prima-uitleenkoers van kommersiële banke ook op 7,5 persent sal bly. ‘n Namibiese ekonoom, Gabriel Erastus, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy het verwag dat die repokoers onveranderd sal bly.
Ethiopiese regering kap Amerika en bondgenote - December 8, 2021
Die Ethiopiese regering sê Amerika en sy bondgenote is besig met ‘n afbrekende relaas. Dit volg nadat die regerings van Australië, Kanada, Denemarke, Nederland, die Verenigde Koninkryk en Amerika kommer uitgespreek het oor onlangse verslae dat die Ethiopiese regering groot getalle burgers aanhou. Individue word ook gearresteer en sonder aanklagte of verhoor in onmenslike toestande […]
ATM dien weer mosie van wantroue teen Ramaphosa in - December 8, 2021
Die African Transformation Movement het opnuut ‘n mosie van wantroue teen President Cyril Ramaphosa by die parlement ingedien. Dit volg nadat die Appèlhof ‘n besluit van die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, ter syde gestel het. Modise het die ATM se versoek om ‘n geheime stemming in ‘n mosie van wantroue teen […]