
SA ouers vra tugstappe teen skoolhoofde wat rapporte terughou - December 7, 2021
Ouers vir Gelyke Onderwys SA het ‘n beroep op die Wes-Kaapse onderwysdepartement gedoen om tugstappe in te stel teen skoolhoofde wat steeds rapporte terughou. Die stigter, Vanessa le Roux, sê besprekings oor die aangeleentheid moes lankal plaasgevind het, want skole en skoolhoofde weerhou steeds rapporte as gevolg van onbetaalde fooie.
Angola sluit grense vir Suider-Afrikaanse lande - December 7, 2021
Angola het sy grense vir Suider-Afrikaanse lande, Namibië inkluis, gesluit en die Angolese nasionale lugredery, TAAG het ook vlugte na dié lande opgeskort. Dit geld tot 5 Januarie 2022. Kwarantynmaatreëls behels dat Angolese burgers sewe dae in kwarantyn moet bly, maar burgers van Suider-Afrikaanse lande wat ten volle ingeënt is, is vrygestel van dié maatreëls. […]
DA: Grondonteiening sonder vergoeding sal nie twee-derde meerderheid kry - December 7, 2021
Die Demokratiese Alliansie sê hy is vol vertroue dat die agtiende wysgingswetsontwerp van die Grondwet, wat grondonteiening sonder vergoeding ten doel het – nié ‘n twee-derde meerderheid stem in die Nasionale Vergadering sal kry nie. Die wetsontwerp word vandag in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê nadat die ad hoc-komitee dit in September aanvaar het. Die leier […]
Namibië het nou 925 aktiewe Covid-gevalle - December 7, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 113 nuwe Covid-gevalle uit 1 616 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van sewe persent verteenwoordig. In die groep is nege gesondheidswerkers, en vier elk studente en leerders van verskillende skole. Daar is nou 925 aktiewe gevalle, waarvan 28 pasiënte in hospitale is en drie in hoësorgeenhede. Altesaam 319 080 persone is ten volle ingeënt.
Nuwe Napha-president reageer op Britse verbod op invoer van jagtrofeë - December 7, 2021
Britse jagters staar ‘n totale verbod in die gesig om hul jagtrofeë in te voer. Britse ministers gaan volgens berigte na verwagting vandeesweek ‘n totale verbod teen die invoer van jagtrofeë aankondig. Sedert 2019 is 300 jagtrofeë na Brittanje verskeep. Axel Cramer, die nuwe president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, verwerp die verbod en […]
Namibiese eierprodusente pleit vir beter beskerming - December 7, 2021
Die Namibiese Pluimvee-vereniging het gereageer op Namibiese eierprodusente wat die afgelope tyd bedreig word deur ’n toestroming van ingevoerde eiers. Volgens die Namibiese Landbou-unie se finansiële verslag van die derde kwartaal het faktore soos voer- en brandstofpryse ’n uitdaging gebring, en die eiersektor is geen uitsondering nie. Eiers wat teen ‘n goedkoper prys ingevoer word, […]
Pendukeni roskam korrupte Swapo-lede - December 7, 2021
Die Swapo-party wat sedert onafhanklikheid die regerende party in Namibië is, was deur talle gerespekteer. Talle Namibiërs het soveel hoop vir die party gehad, totdat korrupte praktyke geopenbaar is wat daartoe gelei het dat ondersteuners vertroue in die party verloor het. Pendukeni Iivula-Ithana, ‘n Namibiese politikus wat Swapo se sekretaris-generaal vanaf 2007 tot 2012 was, […]
Dr. Graham Dickason, pa van vermoorde dogters, kuier in SA - December 7, 2021
Dr. Graham Dickason, pa van die drie dogters wat glo deur hul ma, Lauren, in Nieu-Seeland vermoor is, is terug in Suid-Afrika. Hy het foto’s op Facebook gedeel waar hy in die buitelug ontspan. Dis nie bekend wanneer hy terugkeer Nieu-Seeland nie. Lauren sal volgende week weer voor ‘n regter in die hooggeregshof in Christchurch […]
SA se ekonomie krimp met 1,5% in derde kwartaal - December 7, 2021
Suid-Afrika se ekonomie het in die derde kwartaal van vanjaar met 1,5 persent ingekrimp na vier opeenvolgende kwartale van groei. Dié kwartaal sluit die uitwerking van Julie se onrus in Gauteng en KwaZulu-Natal in. Statistieke Suid-Afrika het die syfers vandag vrygestel.
WGO se direkteur-generaal woon Dakar-forum by - December 7, 2021
Dr. Tedros Ghebreyesus, die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, het op die Dakar-forum sy visie van die pandemie gedeel: “Gesondheid kan ‘n brug na vrede wees” en “is ‘n fundamentele mensereg”. Die sewende Dakar Forum vir Vrede en Sekuriteit het gister geopen en fokus op die impak van Covid-19 oor die hele vasteland, sowel as kuberveiligheid, […]