
‘Vintage’ sjampanje presteer beter as Bitcoin - January 1, 2022
Hier’s nou vir jou ‘n ding… internasionale nuusagentskappe berig dat die waarde van sogenaamde ‘vintage’ sjampanje in 2021 beter gevaar het as die groei wat in Bitcoin en die tegnologie-reuse soos Facebook, Amazon, Netflix, Google en Tesla aangeteken is. Volgens aanlynplatforms, het die Bordeaux-indeks getoon dat sjampanje 15 uit die top-20 prysstygings behaal het. Die […]
Kredietverlening: daar sal herstel wees vanjaar - January 1, 2022
Die jongste plaaslike privaatsektor kredietverlening syfers toon ‘n ekonomie wat struikel en 2021 se gemiddeld was ongeveer 2,4 persent. Huishoudings dra die meeste hiervan, maar volgens Simonis Storm, sal daar dié jaar ‘n klein verbetering wees. Theo Klein van die makelaarsfirma het dit so vir Kosmos 94.1 Nuus uiteengesit. Hy sê vraag na korttermyn, oftewel, […]
Britse navorsers sê Omikron is wel ligter - January 1, 2022
Navorsing in verband met die Omikron-variant duur voort en die jongste studie vanuit Brittanje toon dat die risiko om gehospitaliseer te word met ‘n Omikron-infeksie met ‘n derde verminder vergeleke met Delta. Navorsers in Brittanje het meer as ‘n miljoen Covid-gevalle oor die afgelope paar weke bestudeer met ongeveer ‘n half miljoen Omikron-gevalle en ‘n […]
Capitol Hill-polisie vrees 6 Jan. herdenking - January 1, 2022
Polisielede wat by Capitol Hill in Washington ontplooi is, sê hulle het kommer oor ‘n herhaling van gewelddadige protes op die eerste herdenking van die gebeure op 6 Januarie 2021. Van die lede het steeds beserings en herstel nog. Daar is hoop dat die strafregtelike proses en die gepaardgaande vonnisse moontlik betogers sal weerhou van […]
Franse oester-boer vang diewe so…. - January 1, 2022
‘n Franse oester-boer het ‘n innoverende manier gevind om die diefstal van sy oesters hok te slaan. In Frankryk is oesters groot geld en een boer, Christophe Guinot het tot 3 metrieke ton op ‘n slag deur diefstal verloor. Maar, ‘n boer maak mos ‘n plan. Hy het ‘n nota in ‘n leë oester-skulp geplaas wat sê die […]
Daar is baie hoop in 2022 – Geingob - January 1, 2022
President Hage Geingob het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om moed te hou en saam te staan om die nuwe jaar aan te pak. In sy Nuwejaarsboodskap het Geingob melding gemaak van maatskaplike en ekonomiese uitdagings wat deur die pandemie blootgelê is maar meen dat ekonomiese herstel stelselmatig vanjaar sal plaasvind. Hy het gesondheidswerkers en […]
Machel bring hulde aan Tutu, wat altyd die goedheid in mense gesien het - January 1, 2022
Suid-Afrika se voormalige presidentsvrou Graça Machel het hulde gebring aan wyle aartsbiskop Desmond Tutu. Machel sê Tutu het, as haar geestelike leier, haar geleer om haar welwillendheid teenoor mense te verbreed. Machel het gepraat op ‘n gedenkgeleentheid vir die Arch, wat deur sy nabye vriende en vennote in Kaapstad gehou is en gesê hy het […]
Marokko se toerismesektor het ‘drakoniese’maatreëls - January 1, 2022
Nes talle lande regoor die wêreld wat staatmaak op toerisme, sê besighede in Marokko hulle gaan gebuk – nie net onder die pandemie nie – maar ook die regering se inperkings as gevolg daarvan. Marokaanse owerhede het van die strengste maatreëls ingestel en het reeds laat in November sy grense gesluit en sal hulle eers […]
Betty is herenig met haar geliefde man wat reeds in 1989 gesterf het – familievriend - January 1, 2022
Die ikoniese en geliefde Amerikaanse aktrise en komediant Betty White het gesterf op die ouderdom van 99 jaar. Sy sou haar 100ste verjaarsdag op 17 Januarie gevier het. Amerikaanse media berig dat sy by haar huis oorlede is en geen oorsaak van haar dood is bekend gemaak nie. Sy sal onthou word vir haar rol […]
Petrol moes N$20,08 per liter gekos het - December 31, 2021
‘n Ontleding deur Simonis Storm in die hoofstad toon dat die Brent ru-olieprys in Desember met 10 Amerikaanse dollar ‘n vat gestyg het maar dat surplusse op die oomblik wêreldwyd, nes Opul voorspel het, voorkom. Die makelaarsfirma sê die ministerie van myne en energie het gedurende 2021 onderverhalings van 8 Namibiese dollar en 73 sent […]